Die plaas het gevestigde lusernlande wat ongeveer vier jaar oud is. Daar is 'n permanente sprinkelstelsel en 'n 3-toring-Agrico-spilpunt. Besproeiingswater kom uit 'n opvangsdam en die plaas het inlysting vir 10,3 ha.

Die hoofhuis het drie slaapkamers, twee badkamers, 'n sitkamer, eetkamer en kombuis. Daar is ook ‘n buitegebou en twee toegemaakte skure.

Plaaswerktuie wat aangebied word is 'n Krone-rondebaler, 'n nuwe lusernhark, 'n 2013-FAW-vragmotor (8 ton) en 'n hidrouliese baalhyser.

Vir meer inligting en aanwysings, kan Van’s Auctioneers geskakel word by 086 111 8267 of kopers kan hul webwerf of Facebook-blad besoek.