Die moderne landbou vereis meer van die boer en sy trekker. CaseIH het geluister en vernuwende tegnologie ingespan om die behoeftes van moderne boerderye aan te pak. Die AFS-presisieboerderystelsel gee aan klante die nodige gereedskap om produktiwiteit en doeltreffendheid tot die maksimum uit te bou.

Die CaseIH Magnum-reeks (176 kW tot 280 kW) is ontwerp om die opbrengs op belegging te verhoog, danksy eenvoudige dienspunte en ’n robuuste ontwerp vir die moeilikste toestande. CaseIH verskaf die betroubaarheid wat boere benodig. Die brandstofbesparende “automatic power management”-funksie selekteer outomaties die doeltreffendste kombinasie van ratkaskonfigurasie en enjinspoed.

Die Magnum 380 het ook die “constant variable transmission”- (CVT) ratkas, wat gladde oorskakeling bewerkstellig. Die minimum grondspoed is 300 m/h en die maksimum is 40 km/h. Die hele trekker-en-werktuigstelsel kan beheer word danksy die innoverende “multicontroller”- armleuning en die AFS Pro700-beheersentrum.

Navigasie word geïntegreer deur die “AFS AccuGuide”- satellietstelsel. CaseIH bied die doeltreffendste krag nog, met ’n swaardiensraamwerk wat ontwerp is om sy beste te lewer. CaseIH se FPT-enjins kan verstel word om die maksimum krag en werkverrigting met die minimum brandstofverbruik te lewer.

Die masjien sal gemaklik werk teen standaardkraglewering, maar kan tot 14% bykomende krag lewer om jou deur taai kolle te help. Danksy langer diensintervalle van tot 600 uur, saam met eenvoudige kontroles, kan meer gedoen word op die regte tyd. Die Magnum se robuuste ontwerp verhoog produktiwiteit en verlaag onderhoudskoste.

Die kajuit is ruim en gemaklik. Een hefboom beheer al die funksies en derhalwe kan die operateur alle take van sy “multi-controller”- armleuning af bestuur.

Dubbelwiele

Die Magnum-modelle 315, 340 en 380 is toegerus met ’n vooras-suspensie en dubbelvoorwiele. Dit versprei die trekker se gewig oor ’n groter oppervlak vir beter vastrapvermoë en rygerief.

Die trekkers se verbeterde raamwerk help om krag beter te verplaas – juis wat van dié groot trekkers verlang word. Die suspensie maak seker al agt wiele bly op die grond, want dit is noodsaaklik vir stabiliteit en doeltreffendheid. Die Magnum se vooras verseker dat die bande loodreg met die grond bly.

Dit verbeter rygemak teen ’n hoër spoed. Die solieder raamwerk minimaliseer die aantal bewegende onderdele, wat ook lei tot minder onderhoud.

Case IH Magnum Rowtrac™

Magnum Rowtrac-trekkers is die antwoord vir beter flotasie, beter hantering en meer buigsaamheid. Geen enkele trekker kan in al die behoeftes van ’n produsent voorsien nie. Die gebruik van rusperbandtrekkers kan egter die oplossing wees indien jy ’n graanprodusent is in ’n streek met moeilike grond.

Magnum Rowtrac-trekkers is ontwerp om die ideale balans te handhaaf, met bandopsies wat by jou rywydte en grondsoort aanpas, asook ’n ossillerende agterste rusperbandstelsel wat die kragverplasing op die grond konstant hou. Hierdie stelsel funksioneer beter as die twee-rusperbandstelsel en bied beweegbaarheid en hantering wat met dié van ’n wieltrekker vergelyk kan word.

Dié eksklusiewe rusperbandstelsel ossilleer en draai om een punt. Dit verseker ’n plat spoor sodat die krag op die grond kan kom en deurlopend behoue bly. Hierdie ontwerp lewer vastrapvermoë en krag wat nie deur sleep- of driepuntwerktuie beïnvloed word nie. Dit bied ook ’n gemaklike rit oor terrasse en ongelyke of oneweredige grondtoestande.

 Case IH
Die Magnum 310 met rusperbande.

Nuwe konfigurasies

Die nuwe modelle is beskikbaar in die “Rowcrop”-konfigurasie en sluit in:

  • Dubbelvoorwiele – 380/85R34.
  • Dubbelagterwiele – 480/80R50.
  • ’n Hoëkapasiteit- hidrouliese pomp van 228 liter/min. op die Magnum 250-model.
  • Hoëkapasiteit- hidrouliese dubbelvloeipompe van 428 liter per minuut op die Magnum 280, 310, 340 en 380.
  • Die AFS-stelsel vir presisieboerdery.

Al die modelle is beskikbaar in die Rowcrop-konfigurasie, van die Magnum 250 tot die Magnum 380 CVT. Dié trekkers is gewild vir die sleep van 12-ry- tot 24-ry-planters met ’n ryspasiëring van 76 cm. Die olievloei op die trekkers is meer as genoeg vir enige hidrouliese toepassing.

Die agt bande op die grond verhoog produktiwiteit en vastrapvermoë met die minimum verdigting.

  • Mnr. Arno du Plessis is die nasionale verkoopsbestuurder van Northmec. Spesiale aanbiedinge op die Magnum-reeks geld tot einde Julie, of solank voorraad hou.