Dit lewer ’n aansienlike bydrae tot voedselsekerheid en werkskepping. 

Die groot produsente is goed opgelei en ervare. Hulle pas tegnologie en bestuurspraktyke toe wat hulle aan die voorpunt van sake hou. Ten einde tred te hou met die vinnige pas van mededingende vooruitgang en tegnologiese ontwikkeling, is produsente afhanklik van ’n deurlopende aanbod van tegnies gevorderde, wetenskaplik beproefde ondersteuningspakkette. Dit sluit dikwels verskeie voedingsbymiddels, saam met die nodige wetenskaplike ondersteuning en dienste, in.

Die Chemuniqué-span is passievolle mense wat toegewyd is daaraan om diereproduksie in Afrika suid van die Sahara te bevorder. Deur uitsonderlike wetenskap toe te pas, toets ons die grense van aanvaarde praktyke met ’n gees van kreatiwiteit en innovering. Ons glo daarin om die grense van dit wat vandag moontlik is, te verbreed ten einde in die voedingsbehoeftes van môre te voorsien.

Ons is passievol oor mense, persoonlike verhoudings, die diere waarmee ons werk, asook goeie wetenskap. Ons streef daarna om aan die voorpunt van tegnologiese vooruitgang te wees sodat ons kostedoeltreffende en voedsame diereprodukte kan voorsien.

Daardeur sal ons ’n gesonder toekoms aan elkeen voorsien: Die mense van Afrika suid van die Sahara sal beter toegang hê tot redelik beskikbare diereproteïene, wat met veilige en omgewingsvolhoubare praktyke geproduseer is. 

Ons produkportfolio van navorsingsgebaseerde produkte lewer meetbare ekonomiese voordele. Dit stel ons in staat om met ons kliënte saam te werk ten einde die beste in die lewendehawe- en voersektor te wees. Om dit te kan bereik, werk ons met die voorste, wetenskaplik innoverende, internasionale organisasies om hoëgehalte-, resultaatgedrewe produkte en oplossings te lewer, wat ons wêreldwyd bemagtig.

Ons vennootskap met Zinpro Corporation maak die reeks Availa®Mins-produkte in Suider-Afrika beskikbaar. Dit is die enigste reeks organiese spoorelement-mineraalkomplekse wat wetenskaplik ondersteun word deur meer as 200 publikasies. Dit lewer herhaalbare diereprestasie, wat op sy beurt verseker dat klante terugkeer omdat hulle finansieel voordeel trek. Availa®Mins word met gepatenteerde tegnologie vervaardig, wat hierdie prestasieminerale in ’n kategorie plaas wat anders is as enige ander spoorelement in die mark.

Ons mees onlangse vennootskap met Arm & Hammer Animal Nutrition bring ’n opwindende nuwe reeks produkte na ons mark, insluitend Celmanax™. Hierdie verfynde funksionele koolhidraat (RFC™) lewer ’n vol dosis giskultuur plus die ekstra krag van mannan-oligosakkaried (MOS), beta-glukanen en D-mannose om gesondheid te verbeter en prestasie te optimaliseer. Voordele sluit in swaarder kalwers deur die verlaagde voorkoms, tydsduur en erns van diarree. Celmanax™ verbeter die kudde se weerstand wanneer uitdagings van die omgewing opduik.

Ons probeer voortdurend om verdere opwindende voedingsoplossings vir die herkouerbedryf te lewer wat waarde sal toevoeg, asook ’n opbrengs op belegging vir produsente sal bied. Deur robuuste en vertroude verhoudings met klante en vennote bied ons uitstekende tegniese ondersteuning vir voeding en dienste, insluitende die FirstStep®-programme vir die assessering en voorkoming van mankheid en ’n belangrike insig in watergehalte deur Zinpro H2O. Hulpmiddels soos dié is waardevol, want dit help die produsent om ingeligte besluite te neem en identifiseer bottelnekke op die plaas. Met hierdie hulpmiddels, tesame met ervaring, speel die Chemuniqué-span ’n waardevolle rol in die vleisbeesbedryf.

Ons gebruik kennis wat van dwarsoor die wêreld ingewin word, wat deur plaaslike navorsing en kundigheid versterk word, om voer vir voedsel vir die toekoms te produseer.

Kontak jou plaaslike Chemuniqué-konsultant om meer oor die ekonomiese voordele van spoormineraalvoeding uit te vind. E-pos: askuswhy@chemunique.co.za; tel. 011 789 2414; web: www.chemunique.co.za.