Hy het eers teen alles ingeënt waaraan hy kon dink, maar sy verliese het eers opgehou toe hy sy water laat toets het en die chemiese wanbalans met ’n aanvullende voedingsmiddel kon regstel.   

Mnr. Gerrie van Jaarsveld van Bayer  het aanbeveel hy probeer Byboost, wat ’n aanvullende voedingsmiddel vir vee is. “Ek het daarvan gehou dat die middel  mondelings toegedien word. Ek het  dadelik ’n verbetering in my kudde se  vrugbaarheid gesien. Sedert ek Byboost  gebruik, is my kudde minder sieklik as  tevore en die aborsies is nou iets van die  verlede,” sê Wayne.