Die kandidaat sal verantwoordelik wees vir die koördinering tussen die kontrakgroeiers, insluitende eie braaihoenderplase, vir Astral in Standerton.

Die suksesvolle kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • BAgric, BScAgric of soortgelyke kwalifikasie.
  • Sterk administratiewe vaardighede.
  • Bestuursvaardighede om teikens en mikpunte binne ’n hoëdruk-omgewing te bereik.
  • Uitstekende rekenaarvaardighede in Microsoft Office (Excel, PowerPoint en Word).
  • Vaardigheid in Engels en Afrikaans is noodsaaklik vir hierdie pos.
  • Kandidaat moet in besit wees van ’n geldige rybewys.
  • Uitsonderlike bestuurs- en mensevaardighede.
  • Selfgemotiveerd en energiek, met minstens vyf jaar relevante ervaring in braaihoenderproduksie.
  • Moet syfergerig wees.

Dit is noodsaaklik dat die persoon ’n passie het vir die toepassing van 20 Keys. Ons bied ’n mededingende totale-koste-vir-maatskappy-pakket. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 28 Mei 2020.

Doen aansoek vir hierdie pos via PNet by die skakel. Die intranet-skakel vir aansoeke is hier beskikbaar.  Let asseblief daarop dat indien u nie teen 30 Junie genader is nie, u aansoek onsuksesvol was. 

Astral is verbind tot die proses om ’n diverse werksmag te ontwikkel.

Festive
Mountain Valley