Waar lê die probleem, by die dokter se rekening of het die mediese fonds ’n fout gemaak?

Landbouweekblad het hande gevat met Med ClaimAssist (MCA) om ’n oplossing te bied wat dié gesukkel namens jou hanteer en verseker dat jou mediese fonds voldoende vir jou eise uitbetaal.

Dié span kenners, wat die afgelope vier jaar al meer as 45 000 eise hanteer het en sy kliënte meer as R43 miljoen bespaar het, weet presies hoe om vas te stel wat die probleem met jou eis is en hoe dit vinnig opgelos kan word.

Daar is tans drie verskillende opsies beskikbaar:

• ’n Eenmalige tarief van R575 (geen subskripsie) betaalbaar. ’n Geen verpligting-assessering sal gedoen word. As daar meriete in jou saak is, sal die fooi betaalbaar wees.

• ’n Maandelikse intekening van R39 per maand.

• ’n Jaarlikse intekening van R399 (jy kry dus twee maande gratis).

Jou intekening sluit die volgende in:

• Onbeperkte navrae en bystand solank die intekening aktief is.

• Pro-aktiewe kontrolering van dokters se fakture en die mediese fonds se reaksie sodat probleme opgetel en opgelos kan word.

• Indien jy gapingsdekking het, bystand met die indien van eise aan jou gapingsdekkingversekeraar. 

Vir meer inligting besoek Med ClaimAssist.