Die veiling vind om 10:30 by sy perseel in die Koedoespoort-nywerheidsgebied plaas.

Groot trekpleisters op die veiling is die voertuie, wat ’n BMW 330D (2017-model, outomaties), ’n Hyundai i30, ’n Hyundai H100 en verskeie Ford Ranger-bakkies insluit. Verskeie Nissan- en Tata-vragmotors en sleepwaens word ook opgeveil.

Ander groot trekpleisters op die veiling is ’n John Deere 6930-trekker en ’n John Deere 1720-planter. Die boerderytoerusting wat aangebied word, sluit ’n voermenger, oestafel, kapmesse, skeurploeë en meer in.

Ook beskikbaar op die veiling is ’n ry-tipe Husqvarna-grassnyer, toerusting van ’n bandehandelaar, PVC-plafonpanele van hoë gehalte, afdrukke en rame, boorperse en ’n verskeidenheid huishoudelike en kantoormeubels.

Vir nog inligting, volg Van’s Auctioneers op Facebook of besoek die webwerf. Jy kan op die webwerf registreer om kennisgewings oor toekomstige veilings te ontvang.