Die Noordoos-Vrystaat se nagte is dikwels nat, ysig en soms loop die koue en reën saam, wat dan groot skade kan veroorsaak. Verál as jou skape aan die lam is. Omdat mnr. Kosie de Viliers, ’n Merino-boer van Vrede, se ooie dwarsdeur die jaar lam, het hy gesien hy het iets ekstra nodig om sy lammers deur die Riemland-nagte te kry.
“Ek boer al 30 jaar met Merino’s. Hulle is regtig my groot liefde. Maar in my lamhokstelsel het ek van ’n tekortkoming bewus geraak. Ek het agtergekom ek het iets nodig om my lammers op koue en nat nagte deur te haal. Veral onder die tweelinge en drielinge kry ’n mens lammertjies wat sukkel.
“Omdat daar mededinging is, is daar altyd een wat nie genoeg bies inkry nie. Ek het na iets gesoek wat kan help en só op Byboost se produkte afgekom. Nou gee ek vir ál die pasgebore lammers 2,5 ml Lamb and Kid en 2,5 ml Energy Booster. Dit gee hulle net die nodige boost om saam met hul maatjies genoeg bies in te kry.”
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier