Die Nkunzi-poliëtileentenk (Rain Box) is van hoë gehalte én betroubaar. Deur rotasietegnologie te gebruik word ’n groot, modulêre, kubusvormige tenk vervaardig. Die tenks is UV-gestabiliseer, wat die invloed van sonlig beperk en die groei van alge en ander mikro-organismes belemmer.

Die tenk is ’n geslote eenheid waar binne verdamping of kontaminasie nie kan plaasvind nie. Die Rain Box is ’n eenstuk-, naatlose, duursame tenk met modulariteit en sterkte. Die volume van die Rain Box is 10 kubieke meter (10 000 liter) en kan vir verskillende gebruike aangewend word, bv. water, brandstof, plaagdoders, flodder, vloeibare mis, vloeibare kunsmis, wingerdafvalwater.

Die plat oppervlaktes van die tenk help die boer om addisionele tenks saam te voeg om pasgemaakte reservoirs met volumes van meer as 100 kubieke meter (1 000 000 liter) te skep. Die tenks word verbind deur middel van skroefverbindings of die standaard 110 mm-PVC-pype met rubberseëls. Gegalvaniseerde metaalbande word op elke tenk gebruik vir beter versterking en krag.

Die tenks kan bo die grond, onder die grond of op verhewe tenkstaanders geplaas word. Die tenks is ontwerp om presies in ’n standaardvraghouer van 6m te pas. Dit is hoofsaaklik vir opstapeling, mobiliteit en sekuriteit.

Elke vraghouer kan drie Rain Box-tenks akkommodeer vir ’n opbergingsfasiliteit van 30 kubieke meter (30 000 liter). Dit is ideaal vir die opberging van brandbestrydingswater, noodvoorrade of drinkbare water by skole en klinieke in landelike gebiede. Watersuiwerings-, ontsoutings-, filtrasie- of enige verwerkingstelsels kan maklik op die tenks aangebring word.

Die Rain Box weeg ongeveer 250 kg en is toegerus met ’n lugafvoerbare mangatdeksel en sentrale PVC-pilaar om die struktuur te ondersteun. ’n Keuse van tenkverbindings vir inlaat-, uitlaat-, oorloop- en afvoerproppe is beskikbaar. Watervlakaanwyser kan op versoek geinstalleer word en ’n mangat sorg vir maklike toegang tot binne die tenk vir skoonmaak- of instandhoudingsdoeleindes.

Die fabriek in Pretoria het ’n lewertyd van vyf dae voor vervaardiging en kan ongeveer 50 tenks per week vervaardig.