Jy kan die pakkette van nader bekyk in Landbou.com se aanlyn winkel of lees verder oor wat alles beskikbaar is. Die aanbod geld net vir aanlyn aankope tussen 24 November en 1 Desember 2020.
Betalings kan elektronies gedoen word met ’n kredietkaart, elektroniese oorplasing of SnapScan.
Die volgende pakkette en produkte is beskikbaar:
Pakket 1
Koffietafelboek (’n Eeu se landbou in beeld) + eeufeestydskrif (Gedenkuitgawe 1919-2019) + vyf magnete
Gewone prys: R600
Spesiale aanbod: R360
Klik hier om te koop.
Pakket 2
Eeufeestydskrif (Gedenkuitgawe 1919-2019) + 95-jaar-tydskrif (Gedenkuitgawe – 95 jaar op die platteland) + vyf magnete
Gewone prys: R245
Spesiale aanbod: R147
Klik hier om te koop.
Pakket 3
Die wonder van UHDSB + Vra die veearts – wat kleinveeboere moet weet + vyf magnete
Gewone prys: R620
Spesiale aanbod: R372
Klik hier om te koop.
Pakket 4
The wonder of UHDSG + Ask the vet – what cattle farmers should know + vyf magnete
Gewone prys: R600
Spesiale aanbod: R360
Klik hier om te koop.
Pakket 5
Beyerskloof-wyn (ses bottels) + Boereplaas-bordspel + #Boerseun-T-hemp + #Boer-pet
Gewone prys: R1 255
Spesiale aanbod: R753
Klik hier om te koop.
Pakket 6
Boerekos-voorskoot + #Hoofplanmaker-T-hemp (vroue) + #Boer-pet + koelsak
Gewone prys: R405
Spesiale aanbod: R243
Klik hier om te koop.
INHOUD VAN PAKKETTE
’n Eeu se landbou in beeld (hardebandboek)
In Landbouweekblad se eeufeeskoffietafelboek verskyn onder meer die eeu se beste voorblaaie, foto’s en ou advertensies, asook boererate en Oom Kaspaas-strokiesprente. Keurbydraes uit rubrieke soos “Die Opsitkers” en outydse modes is ook ingesluit. Kom beleef saam met ons hoderd jaar van landbou in Suid-Afrika.
Landbouweekblad se eeufeestydskrif
Hierdie gedenkuitgawe kyk terug op Landbouweekblad se geskiedenis van 1919-2019. Die tydskrif bevat talle stories oor die land se invloedrykste landboutydskrif wat al ’n eeu lank nuus, rubrieke, kundige advies, resepte en tegniese artikels aan die landboubedryf bring.
Landbouweekblad se 95-jaar-tydskrif
Selfs ná 95 jaar op die platteland raak die stories van mense, rekordsoeste, spogdiere, swaar tye en uitblinkerboere nooit oud nie. Met hierdie spesiale tydskrif het ons Landbouweekblad se 95ste bestaansjaar gevier en ’n oorsig gebied oor die voorafgaande dekades.
Die wonder van UHDSB / The wonder of UHDSG
Hierdie handleiding is in Afrikaans en Engels beskikbaar. Dit is toegespits op weidingspraktyke wat veldpotensiaal herstel en produksievlakke volhoubaar verhoog. Nadat hy jare lank met ultrahoëdrukstrookbeweiding (UHDSB) geëksperimenteer het, het die baanbrekerveeboer André Lund van Beaufort-Wes hierdie boek die lig laat sien. Die boek bevat talle foto’s en diagramme om die stelsel te verduidelik asook die wetenskap wat dit onderlê.
Vra die veearts – Wat kleinveeboere moet weet
Dr. Faffa Malan en prof. Gareth Bath het hierdie boek saamgestel uit antwoorde op vrae rakende die algemeenste skaap- en boksiektes, soos bloutong, aborsies, hartwater, geilsiekte en longontsteking, en die diagnose en behandeling daarvan. Vergiftiging weens plante, ander toestande, soos gewrigs-, oor- en oogprobleme, en voedingsprobleme kry ook aandag. Daar is ook afdelings oor entstowwe en die korrekte gebruik daarvan, die korrekte inspuitplekke en die verskuiwing van skape. Die boek beantwoord vrae van skaap- en bokboere oor probleme wat hulle daagliks op die plaas beleef.
Ask the vet – What cattle farmers should know
Hierdie Engelse weergawe van Vra die veearts – Wat beesboere moet weet bevat ’n keur uit die antwoorde uit die Vra vir Faffa-afdeling op Landbou.com, wat deur Dok Faffa en ’n aantal mede-veeartse en kenners geskryf is. Die boek lê klem op die praktiese aspekte van beesboerdery, soos bulbestuur, veeproduksie tydens droogtes, verskuiwing van beeste en klouprobleme in die voerkraal. Antwoorde op vrae oor bestuur, voeding, vleis- en groeibevorderaars, suiwel, teling, parasiete, siektes en vergiftigings is in die boek opgeneem.
Yskasmagnete
Hierdie ou voorblaaie van Landbouweekblad in die vorm van oulike yskasmagnete herinner ons aan toeka se dae en is ’n lekker klein geskenkie vir die Kerskous.
Beyerskloof-wyn
Vier Landbouweekblad se 100ste bestaansjaar deur ’n glasie te klink van Beyerskloof se 2018 Pinotage met ’n spesiale etiket.
Boereplaas-bordspel
Landbouweekblad het ’n spesiale eeufeesweergawe van hierdie gewilde bordspeletjie uitgegee. Die karakters is van ons eie boere! Bestel hierdie unieke weergawe vir die Desembervakansie.
Pette en T-hemde
Dra jou hart op jou mou! #Boer, #Boerseun en #Hoofplanmaker op ’n pet of T-hemp is prettig en verkondig aan die wêreld met wie en wat jy identifiseer.
Boerekos-voorskoot
Wys jou liefde vir die Landbou Boerekos-handelsmerk met hierdie nuttige en duursame voorskoot.
Boerekos-koelsak
Die unieke Boerekos-koelsak is ideaal vir wanneer jy inkopies doen of om die langpad se padkos koel te hou.
Besoek https://winkel.landbou.com/ of stuur e-pos aan Johan Terblanche by johan.terblanche@media24.com.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier