’n Verskeidenheid bates sal aangebied word.

Vir boere is daar John Deere- en New Holland-trekkers, asook ’n 12-ry-John Deere-planter. Die vragmotors wat aangebied word, sluit ’n 2017 Hino (dubbelas, 8 ton) en ’n 2017 Tata Novus in.

Verskeie voertuie van hoë gehalte sal onder die hamer kom. Dit sluit in Ford Ranger-bakkies (2016- en 2017-modelle) en Ford Everest-nutsvoertuie met lae kilometerlesings, asook 20-sitplek-Ford Transit-modelle. Ander gewilde voertuie sluit in ’n 2017 Isuzu KB300 DTEQ (4x4), ’n outomatiese 2015 Honda Accord 3.5L V6, ’n 2015 Datsun Go en vele meer.

Ander interessante artikels wat beskikbaar is, sluit in hoëgehalte-PVC-plafonpanele met verskillende patrone, motorfietsbande, laaigrawe en huis- en kantoormeubels.

Die veiling begin om 10:30. Kopers kan Van’s Auctioneers skakel by 086 111 8267 of sy webwerf of Facebookblad besoek vir nog inligting.