Talle plaaswerktuie, van trekkers, sleepwaens, ploeë, skeurploeë en balers tot tenkwaens en selfs 'n Land Cruiser word te koop aangebied.

Die trekkers sluit handelsmerke soos John Deere, New Holland en Fiat en andere in. 'n 2012-Land Cruiser 4.2D sal waarskynlik ook groot belangstelling wek.

Die plaaswerktuie sluit John Deere-balers, John Deere-planters, 'n Kuhn-snymasjien en 'n groot verskeidenheid skeurploeë, ploeë en gewasspuite in. Watertenkwaens, dieseltenks, platbaksleepwaens, werkswinkelsgereedskap en nog vele werktuie en toerusting sal onder die hamer kom.

Foto: Van's Auctioneers
Foto: Van's Auctioneers
Foto: Van's Auctioneers
Foto: Van's Auctioneers

Skakel Van's Auctioneers by 086 111 8267, of besoek hul webwerf of Facebookblad vir nog inligting en aanwysings.