Mnr. Jan Swart, ’n boer van die distrik Kestell, het in Februarie ’n vlaag veediefstalpogings ondervind toe daar vier keer in een week probeer is om sy diere te steel.

“Ek gebruik FarmRanger-nekbande al 15 jaar lank. In dié tyd het ek hierdie produk se geld dubbel en dwars teruggekry omdat dit voorkom het dat ek groot finansiële verliese weens veediefstal ly,” sê Swart.

“Drie van die voorvalle het tussen 20:00 en 22:00 plaasgevind, en een voorval was tussen 03:00 en 04:00. “In die eerste drie pogings het die vermeende veediewe elke keer probeer om ongeveer 10 koeie met kalwers te steel. In die vierde poging het hulle ’n hele trop verse probeer steel.”

Hy sê veediewe keer die beeste vas in die hoek van ’n kamp teen die skokdraad van die elektriese omheining. Die verskrikte diere breek dan deur die heining. Daarna probeer die veediewe om die diere aan te jaag na ’n skuilplek en mettertyd oor die grens na Lesotho.

“Sodra die alarm afgaan, kan ek presies sien watter kudde betrokke is en die staproete van die diere op my selfoon dophou. Ek het elke voorval dadelik ondersoek en op die beeste afgekom voordat hulle gesteel is. Die vermeende veediewe het elke keer weggehardloop.”

Swart het die voorvalle by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangemeld. Aangesien geen beeste gesteel is nie, het die polisie nie daarin belang gestel om die saak te ondersoek nie, sê hy.

“Ek was eers skepties toe ek FarmRanger-nekbande begin gebruik het. Ek het egter gou besef hoe nuttig dit is. Danksy die toepassing wat op jou selfoon beskikbaar is, is dit baie maklik om te gebruik. Farm- Ranger is ’n onmisbare deel van my boerdery. Dit gee my gemoedsrus,” sê Swart. 

Navrae:
028 212 3346, web: www.farmranger.co.za