Die kappies word van aluminium gemaak en is dus lig – ’n VW Amarok se dubbelkajuitkappie weeg maar 59 kg! Dié aluminium word met poeier bedek sodat dit sterk en duursaam is.
Wildkappies bied weerstand teen roes, en oksideer oor ’n heelwat langer tyd as gewoonlik. Verder is die skarniere solied en waterdig. Die kappie is stofdig sodat jy met ’n geruste hart kan grondpad ry. Die versterkte agterruit is geventileer, wat beteken jy kan steeds daardeur sien op ’n grondpad, en die agterligte maak jou sigbaarder as die weer sleg is. Die positiewe drukinlaatstelsel verseker ook dat daar geen stof binne die kappie is nie.
Die kappies bied gerief sodat jy lekker vakansie kan hou. Die voorruit skuif oop (sekere modelle) en kan van binne die kajuit bereik word en jy het net een sleutel nodig om ál die kappie se slotte oop te sluit. Gebruik die vleueldeure aan die kante om makliker by jou kampstoel of koelboks uit te kom. Rus jou kappie goed toe vir jou avontuur met Wild se hulp.
Die dak se aluminiumrelings het skuifboute wat enige kombinasie van daktent, rak of afdak moontlik maak. Die vervaardiger bied ook bykomstighede soos ’n kombuiseenheid, glystawe vir ammokiste, ’n tafel wat op die dak gemonteer kan word, en ’n dakrak. Al dié bybehore pas op die kappie, sonder dat jy ’n enkele ekstra gat hoef te boor!
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier