Danksy die Axl-platform kan boere landboutoerusting vind, huur en betaal deur middel van ’n veilige aanlyn portaal waar diensverskaffers – die eienaars van toerusting, kleinhandelaars en kontrakteurs – hul ondernemings kan uitbou, inkomste kan laat groei en die proses optimaliseer om van hul masjinerie te verhuur. Axl bied betalingsoplossings van wêreldgehalte.

Dit vergemaklik diensverskaffers se probleme met kontantvloei, terwyl huurders puik diens ontvang. Toegang tot die regte masjinerie op die regte tyd is noodsaaklik vir boere om sukses te behaal.

“Dié toegang is ’n voortdurende probleem vir alle boere, hetsy ’n klein-, opkomende of groot, kommersiële boer. Ons kliënte is baie onseker in hierdie tyd waarin die wêreldwye Covid-19- pandemie voorsieningskettings onder groot druk plaas.

“Die swak en wisselvallige rand het ook ’n styging in die koste van toerusting tot gevolg gehad,” sê me. Niki Neumann, hoof van AFGRI se strategieseinnovasie- afdeling, AFGRI Technology Services (ATS), wat die Axl-platform saam met AFGRI Equipment ontwikkel het.

“Vanweë die groot behoefte aan alternatiewe oplossings het ons besluit om die platform gouer van stapel te stuur as wat oorspronklik beoog is. Soos met alle nuwe produkte verwag ons ’n paar groeipyne, maar ons het reeds suksesvolle verhurings deur middel van die platform gehad,” sê Neumann.

Goeie terugvoering 

Mnr. Hardu Prinsloo, Axl se eerste kliënt en ’n lid van AFGRI se Future Farmer-forum, het oor die diens gesê: “Dit is baie vervullend om deel te wees van iets nuuts wat ’n verskil kan maak aan die landbou as geheel.” Neumann sê AFGRI het tydens die ontwikkeling van die platform verstaan dat boerdery met baie onvoorsiene probleme gepaardgaan.

“Ons wou ’n gemeenskap bou van diensverskaffers wat gehaltetoerusting beskikbaar stel en daar is vir boere wanneer hulle dit die nodigste het. Ons sal nooit die einde sien van onsekerheid en verandering nie. Dit is deel van ons daaglikse lewe en die toekoms. Ons pas egter daarby aan en is opgewonde om saam met Axl-kliënte op hierdie reis te gaan,” sê Neumann.

Huur op krediet 

Die verhuringsdiens sal eerste deur AFGRI Equipment-takke aan hul kliënte gebied word. Die platform is egter beskikbaar vir alle Suid-Afrikaanse boere en eienaars van toerusting, waaronder kontrakteurs en kleinhandelaars. UNIGRO-kliënte het die voordeel dat hulle hul krediet- of produksiegeriewe kan gebruik om vir die verhurings deur middel van die Axl-diens te betaal.

“Axl is ’n opwindende platform en UNIGRO is opgewonde daaroor om die aanbod van sy finansiële dienste ter ondersteuning van die nuwe platform te integreer. Ons is suksesvol as ’n gehalteproduk, soos Axl, met maklike toegang tot finansiering, ons kliënte tevrede maak,” sê mnr. Ross Simmonds, besturende direkteur van UNIGRO.

“Axl is meer as net ’n aanlyn diens, want dit verwyder die tradisionele versperrings wat boere ondervind om toegang tot meganisasie te kry. Dit skep ’n veilige en gemeenskaplike omgewing en moedig ons aan om meer met minder te doen. In tye soos dié is dit nog belangriker.”

Mnr. Patrick Roux, besturende direkteur van AFGRI Equipment, sê die nuwe platform bied baie geleenthede.

“Hierdie aanlyn diens sal die eienaars van toerusting in staat stel om hul toerusting reg deur die jaar ten volle te benut. Ek is hoopvol dat hierdie platform die manier sal verander waarop ons in die toekoms ons landboutoerusting gaan gebruik.”

Roux sê AFGRI Landboudienste kan, met die bekendstelling van Axl tydens die inperking, boere in onseker tye ondersteun op ’n manier wat nog nie voorheen in die bedryf beskikbaar was nie.

“Op lang termyn is die doel om ’n vernuwende digitale diens te lewer wat ons kliënte in staat stel om volhoubaarheid, winsgewendheid en produktiwiteit vir hul besighede te bevorder. Ons het nou begin om die mark vir toerusting ten goede te verander. Eenvoudig gestel: Axl hou die wiele aan die rol.” Axl, die beste manier om landboutoerusting te soek, te huur en te betaal.

Navrae: