Die Suid-Afrikaanse landboubedryf gaan deurlopend gebuk onder verskeie probleme, waaronder politieke verskille en uitsprake, klimaatsprobleme, die agteruitgang van infrastruktuur en in-en-uitvoerheffings.

Die grootste hiervan is waarskynlik wisselvallige prysbewegings weens die rand-dollar-wisselkoers. Die impak van die wêreldwye Covid-19-pandemie en die gepaardgaande paniek wat dit veroorsaak het, het ’n direkte uitwerking op wat in jou beursie aangaan. Ontwikkelende lande trek aan die kortste end.

Oliepryse, die wêreldvraag na kommoditeite en fondse wat geld internasionaal rondskuif, veroorsaak ongerief en ontwrigting vir baie Suid-Afrikaners. Jy moet egter versigtig wees wat landboukommoditeite betref. Dit voel die hele tyd of ’n mens toutrek. Wanneer dit goed gaan met die produsente, is die olieperse en voerfabrieke onder druk.

Wanneer dit goed gaan in die voerbedryf, is die primêre produsente weer onder druk. Ongeag die spesifieke bedryf waarin jy jouself dus bevind, gaan jy in die een of ander stadium kundige advies nodig kry. Jy behoort aan die volgende aspekte aandag te gee wanneer jy ’n handelsvennoot soek.

Reputasie in die mark 

Danksy 26 jaar ondervinding in ’n veranderde omgewing is Bester Voer en Graan gevestig as een van die vooraanstaande en bekendste landboumaatskappye in Suid-Afrika. Die maatskappy doen eerlike en veilige transaksies en stel altyd die kliënt se belange eerste.

Gerief van besigheid doen 

Bester Voer en Graan se bemarkers en administratiewe personeel is deeglik opgelei om transaksies en bemarkingsplanne maklik en prakties uit te voer. Die papierwerk word vinnig en doeltreffend afgehandel. Produsente en kliënte kan met vrymoedigheid enige van die bemarkers kontak.

Lewer betyds

Die maatskappy verstaan die finansiële gevolge van laat lewerings op ’n besigheid, en maak dus seker hy lewer betyds volgens die kliënt se behoefte.

Kundigheid

Bester Voer en Graan het die regte mense in die regte spesialis-eenhede. Die kernpersoneel is al jare lank by die maatskappy betrokke en het ’n kultuur en werkwyse bemeester waarmee kliënte se behoeftes doeltreffend behartig kan word.

Te goeie pryse 

Kliënte moet versigtig wees vir ’n paar dinge. Elke koper wil uiteraard so goedkoop as moontlik koop. Wees op die uitkyk vir vooruitbetalings en vreemde bepalings en voorwaardes. Maak seker jy weet waarvandaan die produk kom.

Daar was al verskeie gevalle waarin produkte van ’n swak gehalte of wat nie aan die minimum vereistes voldoen het nie, as die ware Jakob aan niksvermoedende kliënte verkoop is. Daar is ook gevalle waarin verskaffers BTW gemanipuleer het en pryse teweeg gebring het wat te goed was om waar te wees.

Onbekende bemarkingsmaatskappye 

’n Mens hoor gereeld van boere of kopers wat ingedoen word. Doen ’n bietjie navorsing en vra uit oor bedenklike verskaffers wat hulself insolvent laat verklaar nadat hulle uitgevang word, en dan later maar net weer iewers anders uitdop.

Waarom Bester Voer en Graan?

Dié maatskappy verstaan die mark en hy weet hoe om die probleme te bestuur wat die mark na sy kant toe gooi. Bester Voer en Graan verstaan sy kliënte en verskaffers se spesifieke behoeftes en kan verskillende oplossings aanbied.

Hetsy dit is om graanboere, meulenaars, voerkrale, olieperse of voerfabrieke te bedien, Bester Voer en Graan se spesialiseenhede is deurgaans op die hoogte van struikelblokke en die werklikhede daarbuite. Hy kan dus die behoeftes van die verskillende bedrywe op die regte manier behartig.

Bester Voer en Graan is nie net ’n handelsvennoot wat waarde toevoeg nie. Die maatskappy vorm persoonlike verhoudings met sy verskaffers, finansiers, vervoerders en kopers. Bester Voer en Graan maak seker hy leer ken sy boere, kliënte en verskaffers goed en weet wat hul behoeftes is.

Mnr. Aubrey Nelson is afdelingsdirekteur: Veevoer by Bester Voer en Graan.

Navrae:
Web: www.bester.co.za  Bester Voer en Graan se hoofkantoor is op Stellenbosch in die Wes-Kaap. Die maatskappy verstaan die behoeftes van sy kliënte en verskaffers en bied verskillende oplossings vir verskeie bedrywe.