Dié netjiese eiendom by die Sunstone-besigheidspark het ’n puik ligging en maklike toegang tot die R21-hoofweg. Dit sal Woensdag 19 Februarie 2020 om 11:00 onder die hamer kom.

Die eiendom is net groter as 5 300 m² en bestaan uit ’n fabriek van ongeveer 1 000 m² en ’n dubbelverdiepingpakhuis van ongeveer 350 m² met kantore, ‘n kantien en badkamers. Die eiendom het ook oorgenoeg parkeerruimte (ongeveer 1 000 m²) verskeie ingange vir die op- en aflaai van goedere, silos en vele ander pluspunte.

Twee feitlik splinternuwe Roff-aanlegte vir die verwerking van mieliemeel sal ook op die veiling aangebied word. Elk van dié aanlegte het die kapasiteit om sowat 4 ton mieliemeel per uur te lewer – dus ‘n totaal van ongeveer 8 ton per uur. Volledige spesifikasies oor die aanlegte is by die afslaers beskikbaar.

Kontak Van’s Auctioneers by 086 111 8267 vir nog inligting, of besoek hul webwerf of Facebook-blad.