Op dag 17 van die nasionale inperking het jy die laaste pakkie biltong van verlede winter se jagtog uitgehaal en met ’n sug gedink aan jou planne vir vanjaar se jagtyd. Boeta wil sy eerste rooibok skiet! Al die neefs gaan mik vir die springbokke. Ai, dit sou ’n mooi vrag op die wa wees. Maar dan onthou jy die lysie van onderdele vir jou sleepwa by die hardewarewinkel.

Die sleepwa was vroeër vanjaar swaar gelaai met Sus se meubels vir haar trek Potchefstroom toe, en die pad was maar sleg. Die klippe het die verf getimmer en die remkabel moet gestel word. Die linkerskokbreker moet regtig nou vervang word. Boonop is die nommerplaatliggie weer stukkend.

Klik en koop

Hoe gemaak met hierdie lysie benodigdhede in ’n tyd waarin mense se bewegings beperk word en baie winkels toe is? Die webwerf sleepwaparte.co.za is die maklike oplossing vir enigeen in dié posisie. Klik, koop en alles word op jou voorstoep afgelewer. Dit is lankal nie meer nodig om agter sleepwa-onderdele aan te ry nie.

Met meer as 450 onderdele van die voorste handelsmerke in die Suid-Afrikaanse sleepwabedryf is jou inkopies net ’n muisklik weg. Is jy onseker oor die skokbreker se presiese kode? Stuur ’n navraag direk van die webwerf af. Is jy verafgeleë in die uithoeke van die Noord-Kaap? Aflewering word landwyd gereël.

Om gewere skoon te maak en patrone te laai, is op die inperking-doenlysie. Terwyl jy aan ’n bier teug en blouwildebeesbiltong geniet, kan jy jou inkopiemandjie volmaak deur sommer jou foon te gebruik.

Jy besef nou die bande behoort eintlik ook binnekort vervang te word, en nuwe LED-ligte werk regtig beter op die stofpaaie. Besoek sleepwaparte.co.za vir alle onderdele. Met ons sal jy nooit alleen langs die pad staan nie.