Doorndraai is ’n goed ontwikkelde wildplaas en lodge tussen Bela-Bela en Thabazimbi in Limpopo. Geleenthede soos troues, konferensies, seminare, strategiese sessies, korporatiewe geleenthede en spanbou-aktiwiteite kan by die lodge se konferensiegeriewe aangebied word. Met sy rustige omgewing en bosveldtowerkrag is dit werklik ’n sielsverrykende plek.

Die eiendom beslaan 1 562 ha en word as ’n lopende saak verkoop. Die veiling word aangebied op die GWK Veewinkel-toepassing met die samewerking van GWK Eiendomme.

Akkommodasie 

Die eiendom het ’n vierster-gradering en spog met ’n indrukwekkende verskeidenheid verbeterings en geboue, soos:

• Vier groot eenhede (elk 385 m² groot met slaapplek vir agt mense, vier en suite-badkamers, ten volle toegeruste kombuis, spens, opwasarea, sitkamer met kaggel, groot houtdek met onderdak-braai-area, gemeenskaplike swembad en kinderspeelterrein met klimraam).

• Agt kleiner eenhede (twee slaapkamers met badkamer, ten volle toegeruste kombuis, sitkamer met kaggel, groot houtdek met onderdak-braai-area, gemeenskaplike swembad en kinderspeelterrein met klimraam).

• ’n Hooflodge-area met kroeg, speletjieskamer, toilette, toegeruste kombuis, waskamer en swembad.

• ’n Groot lapa- en -onthaalarea (777 m²).

• ’n Jagterskothuis (145 m²) met slaapplek vir 12 (2 x 6-bed), ingeboude enkelbeddens, buite- en binnestorte en toilette met elektrisiteit en donkieverwarmingstelsel, yskas, mikrogolfoond, toebehore, onderdak-braai-area asook ’n buiteboma of braai-area.

• ’n Kothuis (115 m²) met slaapplek vir vier (twee kamers), toegeruste kombuis, onderdak-braai-area, TV, omhein met geëlektrifiseerde heining.

• ’n Plaashuis (230 m²) met vier slaapkamers en twee badkamers, kombuis, sitkamer, kantoorruimte, omhein met geëlektrifiseerde heining. 

• ’n Boskamp met slaapplek vir 12, ingeboude enkelbeddens, toegeruste kombuis, onderdak-braai-area, asook ’n buiteboma-braai-area, lopende water. Geen elektrisiteit, maar donkieverwarmingstelsel vir warm water.

Woonwaens en kampering 

Die plaas het vyfster-park vir woonwaens en kampering met 10 geplaveide staanplekke. Elke staanplek het sy eie kombuis en ablusiegeriewe met asblikke, brandblusser en toegewese braaiplekke. Elke staanplek is toegerus met ’n 20 A Blue-prop en ’n normale 16 A-prop. Sonverhitting vir elke kombuis en badkamerarea. ’n Groot lapa-area in die middel, toegerus met gaswaterverwarming, opwas- en braai-area. Swembad en speelarea vir kinders met ’n klimraam. Baie netjies en goed ontwerp.

Wild

Baie wild, insluitende blouwildebeeste, bruinhiënas, bosbokke, duikers, kameelperde, rooibokke, jakkalse, klipspringers, koedoes, luiperds, ape, rooiribbokke, njalas, gemsbokke, volstruise, steenbokke, vlakvarke, waterbokke, sebras en bosvarke.

Laai die GWK Veewinkel-toepassing af en registreer vir die veiling om daaraan deel te neem.

Vir meer inligting, kontak Braam Hendriks by 082 804 8079, Rhyno Smuts by 083 451 7220 en Victor Matfield by 082 332 3355. 

 Registreer vir die veiling by http://bit.ly/DoorndraaiLodgeRegistration.