Die wenners sal op die weeklange reis saam met van Suid-Afrika se suksesvolste boere kan kuier, na wêreldklassprekers kan luister, na uitstallings oor die nuutste innovasies, produkte en hulpmiddelskan kyk, en vermaak uit die boonste rakke geniet.

Mnr. Stephan Cronje, areabestuurder vir die sentrale streek by Molatek, sê die maatskappy spits sy aandag op die hele boerdery toe en bied sodoende oplossing aan boere wat volhoubaar is en tot die beste resultate lei. 

“Die kompetisie is ook ’n manier om terug te gee aan ’n bedryf wat ons reeds so lank ondersteun. Ons boere lewer ’n ongelooflike bydrae tot elkeen in die land se daaglikse bestaan. Ons wou hulle op hierdie manier daarvoor bedank.”

Deelnemers kon een inskrywing vir die kompetisie verkry deur 15 t veevoer van Molatek se bees-, skaap- of bokprodukte te koop. ’n Gelukkige trekking is tydens ’n opname van Landbouweekliks gehou om die wenners aan te wys. Die ses wenners is:

  • Mnr. Kerneels Greyling van Amersfoort.
  • Mnr. Hendri Botha van Bethlehem.
  • Mnr. Jacob Cilliers van Ermelo.
  • Mnr. Willie van Eck van Bethal.
  • Mnr. Kobus Human van Heidelberg
  • Mnr. Leonard Neuman van Vrede.