Mnr. Christiaan Cronjé, ’n oudleerder van die Hoër Landbouskool Oakdale, het in Okto- ber 2019 die leisels as bestuurder oorgeneem by die graan-en-veeplaas van sy alma mater naby Riversdal in die Wes-Kaap. Cronjé gebruik Elanco se produkte daagliks en sê dit het ’n groot invloed op die boerdery.