Suid-Afrikaanse boere is gewoond daaraan om die gebrek aan sosiale interaksie en internetverbinding te hanteer.Gelukkig maak innovasie in satelliettegnologie dit nou moontlik vir Suid-Afrikaanse boere om so verbind te wees soos enige stedeling.

Satelliettegnologie is nie afhanklik van landelike infrastruktuur of vaste elektrisiteitstoevoer, hoewel ’n UPS benodig word vir toegang gedurende kragonderbrekings. Satelliettegnologie bied ’n bekostigbare en betroubare reddingsboei vir netwerk-onafhanklike boerderye wat nie toegang tot vesel het nie, nie duur verbindingspakkette kan finansier nie of gereeld slagoffers is van kabeldiefstal of vastelyninfrastruktuur wat ineenstort.

Die belangrikste is egter dat satelliettegnologie aan die Suid-Afrikaanse landboubedryf ’n kritieke reddingsboei bied vir sosiale insluiting. Deur middel van ’n telefoon, televisie en die vele sosialemedia-elemente wat vandag menslike interaksie definieer, bied satellietinternet aan selfs die mees afgesonderde boere ’n gevoel van identiteit en insluiting, terwyl dit ook kennis, administrasie, sekuriteit en kommersiële sukses moontlik maak.

Internettoegang is ook belangrik vanuit ’n sake- en sekuriteitsperspektief.  Die voordele van ’n 24/7-konneksie en -werksvermoë is noodsaaklik vir afgeleë boere wat daagliks met landelike infrastruktuur- en veiligheidsuitdagings te doen het.

As Suid-Afrikaanse landbou in groeiende plaaslike voedselbehoeftes wil voorsien, terwyl uitvoerverdienste en die verskeidenheid verdeelde landbouprodukte vermeerder word, is dit uiters belangrik dat die histories-geïsoleerde boeresegment deur die internet bemagtig word.

Suid-Afrikaanse boere kom ook toenemend voor kragvoorsienings-, sekuriteits- en ander basiese infrastruktuuruitdagings te staan, wat hul vermoë om die mag van die internet te benut benadeel. Gelukkig word satelliettegnologie, soos die Ka-band-tegnologie wat byvoorbeeld deur MorClick gebruik word, nie deur weersomstandighede beïnvloed nie. Dit omseil ook gewoonlik bergreekse, geboue en ander fisiese hindernisse wat dekking belemmer.

Satelliettegnologie bied selfs die kleinste en mees afgeleë landboubesighede die insig, toegang en kundigheid om diere- en gewassiektes te behandel of hul opbrengs of produksie bekostigbaar te verhoog, terwyl hulle toegang het tot nasionale en selfs internasionale pryse, markte en handelaars.

Dit kan boere ook help om daaglikse take te bestuur, kinders op te voed, plaaswerkers bykomende vaardighede te leer en in kontak te bly. Dit is veral belangrik in plattelandse gebiede met ’n swak polisieteenwoordigheid, waar satellietinternet boere in kontak kan hou met hul onmiddellike gemeenskap, selfs al is die krag af.

Satellietinternet benodig net ’n skottel, ’n roeteerder en subskripsie wat jou persoonlike en bedryfsbehoeftes die beste pas. MorClick se installering is vinnig, maklik en absoluut gratis, reiskoste is wel van toepassing. Daar is geen toerustingkoste nie en alle MorClick-pakkette is onbeperk. Hul landswye handelaarsnetwerk is ook byderhand om tegniese hulp en opleiding te bied aan boere wat nie vertroud is met die tegnologie nie of leiding verlang oor hoe om satellietinternet te gebruik om hul lewenstyl of werksaamhede te verbeter.

Gedurende hierdie onsekere tye bied die koms van bekostigbare satellietinternet boere die geleentheid om net so sinvol te leef soos elke ander Suid-Afrikaner. Satellietinternet is ook die ideale katalisator om ’n meer verbinde en inklusiewe landbou-ekonomie te ontwikkel deur boere verbind te hou, terwyl dit die doeltreffendheid en mededingendheid van hul reikwydte, pryse, bemarking, verspreiding en sekuriteit verhoog. Morclick-pakkette is beskikbaar in beperkte en onbeperkte opsies, vanaf slegs R599 per maand.

Besoek https://www.morclick.co.za/ vir meer inligting.