Dit bevat vier voedingstowwe: swael, magnesium, kalium en kalsium. Polysulphate is ’n natuurlike mineraal (polihaliet) met ’n lae koolstofvoetspoor en is vir gebruik in organiese landbou goedgekeur. Die samestelling daarvan is 19,2% S, 11,6% K, 3,6% Mg en 12,2% Ca – alles in sulfaatvorm (SO4). Daarbenewens bevat dit min chloried, ’n baie lae soutindeks en ’n neutrale pH. Dit beïnvloed dus nie die pH van die grond nie.

As ’n natuurlike kristal het Polysulphate ’n unieke oplossingspatroon wat die voedingstowwe geleidelik vrystel nadat dit in die grond toegedien is. Hierdie verlengde vrystellingspatroon stem met die opnametydperk van voedingstowwe deur die gewasse ooreen en verminder die risiko van verlies van voedingstowwe deur uitloging.

David Hamman, onafhanklike landboukundige van Agropedo.

Voedingsbehoeftes van aartappels en groente

Voedingstowwe wat deur die gewas uit die grond opgeneem word om blare, vrugte, wortels, sade of knolle te laat groei, verlaat die plaas se ekostelsel tydens die oes. Elke groeiseisoen word groot hoeveelhede K, S, Mg en Ca uit die grond verwyder. Hoe hoër die opbrengste, hoe hoër is die opname van die vereiste voedingstowwe. Tydens oestyd kan ’n goeie aartappeloes byvoorbeeld ongeveer 250 kg K/ha, 45 kg S/ha, 14 kg Ca/ha en 12 kg Mg/ha verwyder.

In aartappel- en groenteproduksie is gehalte belangriker as by ander gewasse. Dit is gehalte wat die sleutel kan wees om die beste ekonomiese opbrengs te verseker. ’n Voldoende hoeveelheid K-, S-, Mg- en Ca-voedingstowwe is nodig om goeie gehalte te verseker, of dit nou grootte, eenvormigheid, kleur, smaak of rakleeftyd is. Sommige voedingsafwykings, soos bloeiselvrot (BER) by tamaties en soetrissies en inwendige bruinvlek en holhart by aartappels, word veroorsaak deur ’n lae Ca-voorsiening aan die vrugte en knolle.

Verwagte voordele van Polysulphate

Polysulphate is veral geskik vir aartappels en groente, want dit kan groeiende aartappel- en groentegewasse van al die nodige S, Mg en Ca voorsien en vervang ’n beduidende deel van die kalium wat tydens die oes verwyder word.

Die verlengde vrystelling van Polysulphate beteken dat namate hierdie voedingstowwe vrygestel word, word ’n deurlopende vars bron van elk aan die groeiende gewas voorsien. Polysulphate-toediening sal nie net hoë opbrengste tot gevolg hê nie, maar ook verbeterde gehalte en verhoogde wins. 

Veldproef in Pole (2019) op aartappels (Brook-variëteit) toon hoe die toediening van Polysulphate teen 600 kg/ha opvallend meer en groter knolle (regs) opgelewer het vergeleke met die boer se gebruiklike kunsmispraktyk.

Maak ’n wêreld se verskil aan vele gewasse

Wêreldwye proewe het ’n baie goeie reaksie deur aartappels en groente op Polysulphate getoon wat betref opbrengs en gehalte. Produsente sluit nou gereeld Polysulphate by hulle bemestingskedule in. ’n Toedieningskoers van 400–700 kg/ha Polysulphate is gewoonlik ’n geskikte dosis vir aartappels en groente. Daar word aanbeveel dat skoon Polysulphate voor aanplanting in die grond ingewerk word, of toegedien word as ’n bestanddeel van ’n kunsmismengsel wanneer daar geplant word.

Polysulphate is besig om die sleutel tot volhoubare aartappel- en groenteboerdery van gehalte regoor die wêreld te word. 

Dr. Patricia Imas is hooflandboukundige by ICL. 

www.polysulphate.com; ICL/Landkem: 060 504 4273 (reg.nr. K10827); Ekor-kunsmis: 082 944 4578 (reg.nr. K10728); Talborne Organies: 013 933 3172 (reg.nr. K10832); Nitrophoska: 021 887 3016 (reg.nr. K10828).