In 1998 het hy sy buurman se bome oorgeplant en in 2000 het hy verder uitgebrei en 1 ha Clementine Nules aangeplant. “Dit gaan tans goed met die sitrusbedryf en dit is baie meer winsgewend as wingerd,” sê Du Toit.

Die grondmonsters is geneem en grondregstellings met fosfaat, kalium, gips en kalk is gemaak. Die sitrusbome is geplant met Atlantic Fertilisers se Bio Rock. Spoorelement-tekorte kan aangevul word deur besproeiing en Atlantic Fertilisers se sitrusprogram vir jong bome is gevolg met 14-dae-intervalle.

Du Toit sê gereelde voeding teen veilige konsentrasies met die regte produkte is die antwoord en lewer goeie resultate. Blaarspuite word ook aanbeveel om die beperkte wortelstelsels van die jong boompies te ondersteun en moontlike makro- en mikro-elemente aan te vul.

Hy kan beslis die Atlantic-produkte en -program aanbeveel. Vir wynprodusente wat hierdie verandering wil oorweeg, beveel hy aan om eers te bepaal waar jou mark is, wie is die bemarker van die vrugte en waar jy gaan pak of jou eie pakhuis gaan oprig.

“Verhoudings met jou kunsmisverskaffer is van uiterste belang. Theunis Jordaan van Nexus en Johann Möller van Atlantic beteken baie vir my.”

Elke produsent sal self moet besin wat sy strategie vir diversifisering is, maar dit lyk of sitrus beslis ’n winsgewende alternatief is.

Kontak gerus die Atlantic Fertilisers-kantoor by 021 972 1013 vir inligting oor sitrusbemestingsprogramme.