Die tema van vanjaar se Wêreldomgewingsdag is HERDINK. HERSKEP. HERSTEL. Dít word vandeesmaand wêreldwyd gevier en is ook die begin van die Verenigde Nasies (VN) se dekade vir die herstel van ekosisteme.

Omnia Nutrilogie® is verbind tot die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte van die VN, wat dien as ’n bloudruk vir ’n beter en meer volhoubare toekoms vir almal.

Met hierdie doelwitte voor oë, maak Omnia ’n aktiewe bydrae deur sy landboukundiges wat op die plaas ingeligte aanbevelings maak om die verantwoordelike gebruik van kunsmis te bevorder.   

Omnia se AgriBio-afdeling bestaan uit vier komponente wat verder tot volhoubaarheid bydra:

  • Biologiese biostimulante is lewende organismes wat grondgesondheid, wortelgroei, bogrondse biomassa, asook doeltreffende waterverbruik en hoër opbrengste bevorder. Sy vlagskip mikrobiese produk, Bacstim®100, was die eerste wat produk wat Omnia bekend gestel het om Omnia in die biostimulant-mark te posisioneer. 
  • Nie-biologiese biolstimulante is nie-lewende grondversorgers. Humate is ’n hoogs gekonsentreerde bron van humiensure wat Omnia in die vorm van leonardite uit die bruinkoolvelde in suid-oos Victoria, Australië verkry. Leonardiet is gewoonlik ’n afvalproduk van die bruinkool-mynproses.

Australiese leonardiet is egter waarskynlik dit rykste bron van humate in die wêreld. By Omnia se humaataanleg in Australië, verwerk die maatskappy dan die leonardiet na grondversorgers wat produkte wat die behoud van vog en voedingstowwe verbeter en die opsluiting van voedingstowwe in die grond verminder. Die organiese eienskappe van die humate skep ook ’n gunstige omgewing vir lewende organismes in die grond. 

  • By Omnia se OmniBio®-afdeling vir navorsing en ontwikkeling is die fokus daarop om die komplekse ekosisteem van grond elke dag beter te verstaan. Omnia se navorsingsprogramme word voortdurend uitgebrei om die produktiwiteit van bewerkbare grond deur nuwe tegnologie te verhoog. Dit sluit ’n sterk fokus op doeltreffende water- en voedingstofopname in om natuurlike hulpbronne te beskerm.
  • Die OmniBio® Laboratorium is ’n navorsing- en ontwikkelingseenheid wat in die studie van grondgesondheid spesialiseer. Die eenheid se funksie is hoofsaaklik om die biologiese komponent van grond te analiseer en produkte te ontwikkel en verfyn om die spesifieke behoeftes van grond en die organismes wat daarin leef, aan te spreek.

Wyer gesien doen Omnia ook navorsing oor die herstel van ongesonde grond sodat verdere ontbossing nie nodig sal wees om landbougrond beskikbaar te maak nie. Dit sal ’n reuse-impak hê op die kweekhuisgasse wat deur landboupraktyke vrygestel word.  

Ons is die generasie wat vrede kan maak met die natuur. Word deel van die Omnia-familie en maak ’n beter wêreld saam met ons moontlik. Laat ons #GenerationRestoration wees.

*Omnia Nutrilogie® is ’n lid van die Omnia Groep.