Verlede jaar dié tyd is die voordele van tegnologie en digitalisering as ’n hulpbron om die doeltreffendheid en produksie van landboubesighede te verbeter steeds deur baie ondernemings, veral besighede in landelike gebiede, as ’n luuksheid beskou. 

“Tegnologie is nie meer ’n meevaller vir landbou-ondernemings nie. Inteendeel, dit is ’n noodsaaklikheid. Die pandemie het duidelik getoon dat die doeltreffendheid wat tegnologie meebring, noodsaaklik is vir die voortbestaan van sakeondernemings in die landboubedryf. Dit geld op elke vlak – van bedrywighede op plaasvlak tot besighede wat betrokke is by verskaffing, verwerking en verspreiding, en selfs koöperasies,” sê dr. Kobus Laubscher, landbou-ekonoom en onafhanklike konsultant vir Agility Agri.

“Die meeste boerderye en geassosieerde sakeondernemings en dienste is steeds, en sal sekerlik altyd arbeidsintensief bly. Soos altyd, is ons voedselsekerheid en landbouproduktiwiteit net so sterk soos die mense wat dit bemagtig.”

Agility Agri is ’n holistiese en omvattend geïntegreerde oplossing vir gesondheid, werknemersvoordele, enwelstand wat spesifiek ontwikkel is vir landbou-organisasies met inagneming van hul voortdurende ontwikkelende behoeftes – en dié van hul uiteenlopende werksmag. Met die samewerking van die HEALTH SQUARED- mediese skema word daar voorsiening gemaak vir die gesondheids- en welstandbehoeftes van die hele arbeidsmag.

Laubscher dui aan dat as ’n werknemer vandag siek is en toegang tot private, primêre gesondheidsorg het, daar dikwels ’n geleentheid is om onderliggende gesondheidstoestande te identifiseer en te behandel om sodoende verdere of ernstiger komplikasies te voorkom. Dieselfde kan gesê word vir ’n verskeidenheid psigososiale probleme, en selfs regs- en finansiële probleme, wat weereens die produktiwiteit van personeellede kan knel.

“Deesdae is dit belangriker as ooit om te verseker dat werknemers so gesond as moontlik is omdat mense met onbehandelde, chroniese siektes ’n groter risiko vir ernstige Covid-19-komplikasies het. Dit is dus noodsaaklik om werknemers te bemagtig sodat hulle bewus kan wees van hul gesondheidstoestand en die nodige ondersteuning kan ontvang om hulle te help om chroniese toestande te behandel en om lewenstylsiektes te voorkom voordat dit ontwikkel,” sê hy.

Benewens die dekking wat beskikbaar is deur ’n verskeidenheid van tien voordeelopsies van HEALTH SQUARED- mediese skema, is daar verskillende bekostigbare en buigsame alternatiewe vir gesondheidsorg beskikbaar van die Agility Agri-oplossing.

Hierdie omvattende sake-oplossing sorg vir die behoeftes van werkgewers en die bestuur van mensekapitaal-risiko. Dit sluit beroepsgesondheid, asook die gesondheidsorgbehoeftes van werknemers met ’n laer inkomste in en word verskaf deur ’n netwerk van primêre gesondheidsorgverskaffers, onder meer dokters, tandartse en oogkundiges.

Holistiese voorkomende sorg en produktiwiteitsbestuur word aangebied deur die Agility Employee Wellbeing-program, wat Agility Agri proaktief bystaan om die welstand van werknemers te identifiseer en te bestuur. Die Core-program is gratis vir werkgewers wat aan HEALTH SQUARED behoort en bevat teleberading vir streshantering en psigososiale ondersteuning, asook gesondheids-, finansiële en regsadvies waar nodig.

“Die landbou sal tegnologie optimaal moet benut en die welstand van sy mensekapitaal ten volle moet bestuur om elke groeigeleentheid, spesifiek na afloop van die afgelope paar maer jare, ten volle te benut,” sê Laubscher.