Hamman, wat advies  aan plaasondernemings reg oor Suider-Afrika gee, was so beïndruk met die voordele van hierdie natuurlike multivoedingstofmineraal dat hy Polysulphate nou integreer as gewasvoedingsoplossing vir die boerderye waarmee hy werk.

Dit is ’n lang pad van die oorsprong van Polysulphate by die ICL Boulby-myn in Brittanje – die eerste en enigste bron van polihaliet – tot in Suid-Afrika.

Maar die verhaal van die verskil wat dit maak, is kort: Deur vier belangrike voedingstowwe (swael, kalium, kalsium en magnesium) in een toediening te lewer, ontsluit die langdurige beskikbaarheid van hierdie noodsaaklike elemente die plant se genetiese potensiaal, terwyl gewasgesondheid, opbrengs en gehalte verbeter word.

David gesels hier oor die gewasvoedingskwessies waarmee hy in Suider-Afrika te doen kry, asook die verbeterings  in gewasgesondheid en produktiwiteit wat hy sien noudat hy die kunsmisstrategie met Polysulphate geoptimaliseer het.

Wat is jou benadering om volhoubare opbrengsverbeterings te maksimaliseer?

“Ons belangrikste fokuspunt is om al die grond-, biologiese en gewasinligting wat ons kan kry, te  bekom om risikofaktore te versag en winsgewendheid in boerderybedrywighede te optimaliseer. Ons gebruik grondklassifikasie, grondvoedingsontledings, grondbiologiese ontledings, NDVI-satellietbeelde, gewasinspeksie en blaarontledings om die toestande te verstaan en om die beste voedingsaanbevelings presies te ontwikkel. Agropedo het en sal altyd   die optimalisering van landbougrond vir optimale winste en produksie voorstaan. Om op gesonde grond te boer, is die sleutel tot volhoubare voedselproduksie.”

Wat is die gewasvoedingsprobleme in jou omgewing wat opbrengste en gehalte belemmer?

"As ’n onderneming wat reg oor Suider-Afrika werksaam is, in gebiede wat soms  uit grond met min organiese materiaal, erg afgetakelde en sanderige grond bestaan, het ons opgemerk dat gewasvoeding   deur lae katioonkonsentrasies (Ca, Mg en K) en die loogbaarheid van sulfaatswael belemmer word.”

Waarom gebruik en beveel jy nou Polysulphate aan?

“By Agropedo spesialiseer ons in die gebruik van wetenskap en inligting vir presisieboerderypraktyke. Ek het Polysulphate oorspronklik getoets as ’n sulfaatbron, vanweë die geleidelike vrystelling of beskikbaarheid aan die plant oor ’n lang tydperk. Dit beteken ook dat daar laer loogbaarheid is, sowel as geen/laer grondversuring, vergeleke met ander sulfaatbronne. Polysulphate werk ook goed as kalsiumbron vir gewasse met ’n hoë kalsiumbehoefte en grond met ’n lae kalsiumvlak.”

Watter voordele sien jy by gewasse, sowel as in boerderye, met die gebruik van Polysulphate?

“Die voordele wat ek van Polysulphate sien, sluit in gesonder plante, ’n langer rakleeftyd van produkte en beter opbrengste. Dit lei natuurlik tot beter finansiële opbrengste.”

Wat is jou boodskap aan ander boere oor Polysulphate?

“My boodskap aan ander boere en adviseurs sal wees om self Polysulphate te toets.”