Klein korreltjies in die bentoniet van Yellowstar Bentonite swel om ’n waterdigte lagie te skep wat geen water deurlaat nie. Indien ’n boer sy reeds gevestigde verseëlde dam wil herstel, kan hy dié produk gebruik om vinnig enige swak plekke in ’n grond­dam te vul en te verseël.  

Baie Suid-Afrikaanse boere gebruik Yellowstar Bentonite se beproefde damverseëlings­produk as die eerste en enigste verweer teen die verlies van water weens insypeling.  Yellowstar Bentonite se ben­toniet is in sakke beskikbaar (25 kg en 1 ton), maar ook as grootmaat vragmotorvragte.  

Indien dit korrek aangewend   word, sal die damverseëlings­produk tot tien jaar hou. Dit is maklik om die produk te gebruik. Danksy duidelike in­struksies is die boer self in be­heer van die proses.  

Goeie diens

Yellowstar Bentonite is in 2009 gestig en bied die grootste hoe­veelheid bentonietprodukte in Suid-Afrika. Dit lewer ben­tonietprodukte aan boere in elke provinsie, hetsy vir vee­voer, gronddamme, visdamme of grondkondisionering. Talle vragte bentoniet is ook al aan boere in Botswana gelewer.  

Die maatskappy ondersoek voortdurend hoe gebruikers die meeste waarde uit sy produkte kan kry. Yellowstar Bentonite   is bekend daarvoor om deurlo­pende raad tydens die projek, en daarna deur sy eie kundiges te verskaf. Yellowstar Bentonite sal die boer met akkurate bere­keninge help sodat die regte hoeveelheid bestel word.

Boon­op is sy pryse dikwels laer as dié van mededingers.