Die VKB Groep is 102 jaar gelede vir die volgende redes gestig:

  • Vir die gesamentlike bedinging van landbou-insette;
  • Om noodsaaklike landboudienste te verskaf; en
  • Om die beste prys vir die produsent se produk te beding.

Vandag word alle besluite wat VKB neem, steeds teen die oorspronklike beginsels gemeet. By die handelsafdeling is een van die spreekwoorde: “Elke produsent wat vandag boer, moet oor tien jaar steeds boer.”

Die VKB Groep bedryf tans 43 takke en depots in Limpopo, 26 in die Vrystaat, drie in Mpumalanga en een in Natal. 

VKB probeer om altyd ’n mededingende voordeel vir kliënte te bewerkstellig en te handhaaf. Hy doen dit deur waarde vir die kliënt te ontsluit. Waarde word verkry deur die verskaffing van unieke, noodsaaklike produkte en dienste, asook die verskaffing van gehalteprodukte teen die regte pryse.

Deur dit te doen wil VKB produsente help om doeltreffender en winsgewend te boer. Dit beteken insetkoste moet verminder en die waarde van hul produkte moet verhoog word.

Bykomend tot bogenoemde wil die handelafdeling VKB se blootstelling aan natuurverskynsels verminder deur bykomende kontantbesigheid te genereer. Hier word onder meer gekonsentreer op die produkte van produsente wat deur VKB se fabrieke verwerk word, wat op sy beurt aanleiding gegee het tot die totstandkoming van VKB Foods.

Wat insette betref, het VKB gunstige handelsooreenkomste met al die groot belangegroepe in die landbou. Die groei wat VKB die afgelope jare beleef het, het hom in staat gestel om skaalekonomie te gebruik om die beste pryse vir die produsent te beding.

Insette sluit in:

  • Saad                     
  • Kunsmis               
  • Chemiese middels
  • Brandstof
  • Dierevoeding       
  • Veemedisyne       
  • Besproeiingstoerusting
  • Omheining

VKB bied ook ’n wye verskeidenheid produkte wat voorsien in die behoefte van kontrakteurs, ander besighede en dorpskliënte. Die voorraadgroepe beskikbaar in die handelstakke sluit onder meer in:

  • Hardeware
  • Verbruikersgoedere
  • Boumateriaal       
  • Troeteldier-benodigdhede
  • Voertuig-benodigdhede
  • Elektriese toerusting

Met VKB Foods was die gedagte juis om die produkte wat in VKB-fabrieke geproduseer word, so ekonomies moontlik na die mark te neem. Produkte word direk van die nywerhede in die VKB Groep aangekoop en aan verbruikers gelewer teen mededingende pryse.

Handelsmerke soos Grain Field Chickens, Super Sure en Magnifisan verteenwoordig hoender, brood, koek- en broodmeel, asook mieliemeel van uitstekende gehalte wat deur VKB Foods regstreeks aan die verbruiker beskikbaar gestel word. Die teenwoordigheid in die algemene kruideniersmark het aansienlik vergroot.

In die handelsafdeling word probeer om in die gebiede waar die besigheid bedryf word, in al sy kliënte en produsente se behoeftes te voorsien, en om ’n verskil te maak (waarde toe te voeg) in die gemeenskap.