Die veiling vind op Donderdag 5 Maart om 10:30 by Gembokstraat 36 in die Koedoespoort-nywerheidsgebied plaas.

Voertuie wat opgeveil word, is onder meer ’n BMW X6 4.0D X Drive, ’n 2017-model Volkswagen Golf TSi, ’n 2015-model Datsun Go en ’n 2015-model Toyota Hilux 2.5 D4D. Vragmotorbestuurders sal belang stel in die 2008-model Afrit Tautliner-koppelwavragmotor en die 2014-model Harley-Davidson R1200 Sportster sal motorfietsryers se belangstelling prikkel.

’n Cat 330 CL-masjiengraaf, Polaris- en ander vierwielmotorfietse, asook vurkhysers, kragopwekkers, kompressors en ’n verskeidenheid houtwerkmasjinerie sal aangebied word. Gereedskap en toerusting soos sweismasjiene, spuitverfgewere, bore, perse, katrolstelle en vele meer sal beskikbaar wees.

Huishoudelike en kantoormeubels soos slaapkamerstelle, sitkamerstelle, yskaste, drukkers, kantoortafels, kabinette en vele sal ook onder die hamer kom.

Besoek Van’s Auctioneers se webwerf by www.vansauctions.co.za vir nog inligting of volg die groep op Facebook en ander sosiale media.