PROMOSIE

Alles begin met 'n geloof, 'n oortuiging dat ons enigiets kan bereik, dat ons beter kan wees as wat ons vandag is. Ons nuwe slagspreuk vergestalt die gees van Afrika. "Glo in beter" doen presies dit. Dit verskuif ons handelsmerk en hierdeur word ons erken as 'n gerespekteerde Pan-Afrika-handelsmerk.

Die nuwe voorkeurmarkstrategie plaas John Deere ook in 'n posisie vir verdere uitbreiding na die tradisionele en nie-tradisionele marksegment op die vasteland, wat die bekendstelling van nuwe produkte aan hierdie markte komplimenteer.

Ons het geglo dat die tyd reg was om ons handelsmerk te herbekragtig om ons posisie as die voorste vervaardiger van plaaswerktuie in Afrika te weerspieël en ons voortgesette ondersteuning aan ons kliënte wat op hierdie reis saam met ons is, te toon.

Voedsel roep kragtige emosies op. Ons wil 'n omgewing rondom hierdie emosies skep wat die boere, ons kliënte, in die hart van hierdie aksie plaas.

Die afgelope 13 jaar het John Deere 'n beduidende teenwoordigheid in Afrika opgebou deur sy strategie "Handelaar van More" en geniet sterk handelsmerkaandele en vertroue. Die nuwe strategiese visie sal John Deere se Pan-Afrika-voorneme ondersteun om 'n maatskappy geskik vir die toekoms te bou, asook om 'n handelsmerk te bou wat as 'n voorste stukrag van die groen revolusie beskou word.

Om 'n groen rewolusie te bewerkstellig wat moderne tegnologie en tradisionele kennis sal kombineer en gelei word deur groot en klein boere wat Afrika se grond bewerk om hul besigheid en gemeenskappe te laat groei en die kontinent, sowel as die wêreld te voed.

Ons nuwe prentjie praat dieselfde taal en dui op ons duidelike ambisie om aan te hou vernuwe en ons voortreflike posisie in die bedryf uit te brei.

Boere gaan voort met hul pogings om beter opbrengste te verkry deur transformatiewe tegnologie soos die Internet van Dinge. Aan die ander kant moet hulle eksponensiële verbeterings in plaastoerusting met ope arms aanneem. Ons erken die noodsaaklikheid om saam met die mark te groei en dat nuwe tegnologie en vooruitsigte van ons vereis om ons handelsmerk en verhaal te vernuwe om nuut en energiek te bly in ons kliëntediens en aanbiedinge.

Ons nuwe visuele taal dra die warmte van die Afrika-son en die taaiheid van sy mense.

Ons is besig om 'n kontemporêre, meer energieke voorkoms aan te neem wat ons werklik van die res van die mark onderskei en ons gepas in die middelpunt van kollektiewe krag posisioneer, en nie net as 'n produkverskaffer nie.

Navrae:
Bel 011 437 2600 of epos africa@johndeere.com.