Die wêreldwye pandemie wat veroorsaak word deur Covid-19 het die belangrikheid van voortgesette landbouproduksie beklemtoon, en ons bly daartoe verbind om ons werksaamhede en kliënte te ondersteun - diegene wat van kritieke belang is om hierdie droom te verwesenlik.

Ons is daartoe verbind om te verseker dat hierdie krisis op die beste moontlike manier bestuur word. Dit sluit in die beskerming van ons werknemers, terwyl ons steeds belangrike ondersteuning aan ons kliënte bied.

Die landboubedryf, soos baie nywerhede, sal swaar deur hierdie virus geraak word. Terselfdertyd bly die uitdaging om voortdurend voedsel te produseer.

Gesamentlik kan ons saamwerk as 'n kontinent, 'n land en 'n gemeenskap om die verspreiding van Covid-19 te verminder.

Ons kommunikeer aktief met onderskeie belanghebbendes in sub-Sahara-Afrika om uiting te gee aan die belangrikheid van die voedselwaardeketting en die noodsaaklike rol wat John Deere en ons onafhanklike handelaarsnetwerk speel om ons boere, hetsy groot of klein, in bedryf te hou.

Ons doen 'n beroep op alle boere om redelike voorsorgmaatreëls te tref om die verspreiding van die siekte te beperk, ingelig te bly, na die kundiges te luister en die aanbevelings van die regering en owerhede te volg.

John Deere bedank elke boer vir die harde werk wat dit verg om 'n volk te voed. Ons wens u sterkte en genade toe gedurende hierdie moeilike tyd.

John Deere en ons handelaarsnetwerk is hier om u te ondersteun op enige manier wat ons kan.

John Deere Sub-Saharan Africa 

#BelieveInGreater  

Foto: John Deere
Foto: John Deere
Foto: John Deere
Foto: John Deere
Foto: John Deere