Die multimedia-veldtog #partofyourstory beklemtoon die feit dat verandering op ’n mens se lewensreis ’n teken van groei is. “Namate landboutoerusting verouder en bedrywighede uitbrei, is dit ’n sleutelelement in die bestuur van ’n doeltreffende besigheid om ouer masjinerie in gebruik te hou, veral waar vervanging nie altyd ’n moontlikheid is nie” sê mnr. Jaco Beyers, direkteur van verkope by John Deere.

Die veldtog beklemtoon verder dat John Deere oplossings en opsies bied om te midde van veranderinge in boere se behoeftes, steeds deel te kan hê in die boer se suksesverhaal.

John Deere se naverkope-ondersteuning word toegespits daarop om te herstel, te vervang, nuwe tegnologie retropas te maak of hervervaardigde onderdele te verskaf om aan ’n boer se behoeftes en spesifikasies vir oorspronklike onderdele te voldoen. Hierdie verspreide benadering bied ’n keuse tussen onderdele, advies of albei.

’n Boer kan van John Deere se naverkope-ondersteuning gebruik maak deur in enige John Deere-handelaar of -werkswinkel in te stap of selfs te skakel, ’n plaasbesoek te reël of gebruik te maak van afstandstoeganklike ondersteuning deur middel van ’n reeks John Deere-platforms. Dié afstandstoeganklike diens bied advies en bystand vir alle John Deere-toerusting wat onder waarborg is, sowel as ouer toerusting wat nie meer onder waarborg is nie.

“Die verspreide benadering wat alternatiewe onderdele-oplossings vir ouer masjinerie insluit, beteken dat ons nie net wêreldklas tegnologie en ondersteuning bied nie, maar ook vir die boer ’n keuse gee deur middel van alternatiewe oplossings vir die ouer modelle in sy vloot. Boere word dus in staat gestel om die oplossing te kies wat die beste geskik is vir hul masjinerie, ligging, sperdatums en bedryfsomstandighede,” sê Beyers.

Al die generiese onderdele is ontwerp en vervaardig om aan John Deere se spesifikasies vir oorspronklike onderdele te voldoen, of die werktuig onder waarborg is of nie. John Deere het 89 goedgekeurde handelaars reg oor Afrika (suid van die Sahara.) Meer as 76 000 oorpronklike onderdeellyne word by John Deere se pakhuis in Kemptonpark in voorraad gehou en is gereed vir verspreiding na die handelaarsnetwerk. Elke onderdeel wat by ’n goedgekeurde handelaar gekoop word, het ’n volledige een jaar waarborg.

“Om te verseker dat John Deere sy onderdele so spoedig moontlik by kliënte kry hanteer ons bekwame span by die onderdelepakhuis, asook ons handelaarsnetwerk, tot 31 000 individuele onderdele per dag. Afhangende van hoe dringend onderdele benodig word, geskied aflewering by enige handelaar in Suid-Afrika dieselfde dag, óf dit word gewaarborg teen 10:30 die volgende oggend,” sê mnr. Hentie Breedt, hoofbestuurder van die onderdeel-streeksverspreidingsentrum by John Deere.

“Die akkuraatheid waarmee ons span onderdele vir bestellings kies en stuur is 99,7% en voorraadkorrektheid, met ander woorde die ooreenstemming van ons sisteem in die pakhuis met dié van die handelaar, is tans 99,8%” sê Breedt.

Foto: John Deere
Foto: John Deere

John Deere-tegnici volg ’n streng en deurlopende opleidings- en onderrigprogram om te verseker dat hulle op hoogte bly van die nuutste masjinerie en tegnologie. John Deere-tegnici word opgelei in plaaslike boerderygemeenskappe en kom dikwels self uit daardie gemeenskappe.

“Dit beteken ons John Deere-tegnici verstaan boerderybedrywighede en hulle is altyd gretig om te help en is passievol oor die waarde wat masjinerie en tegnologie op grondvlak toevoeg,” sê mnr. Lafras Cronjé, produk- en kliëntediensbestuurder by John Deere.

“Aangesien die meeste groot masjinerie deur JDLink™ deur middel van afstandskommunikasie-tegnologie aan John Deere gekoppel is, kan kliënte, of hul aangestelde handelaars, die werkverrigting van masjinerie vanuit die handelaarstak monitor en die behoefte aan spesifieke onderdele of moontlike onklaarraking voorsien,” sê Cronjé. Boonop kan sommige John Deere-toerusting deur Connected Support™ onafhanklik waarskuwingsboodskappe aan die kliënt of handelaar stuur om hulle in kennis te stel van ’n potensiële probleem en die tipe fout wat verwag kan word.

“Praat met u John Deere-handelaar oor alternatiewe onderdele vir ouer modelle. Laat #partofyourstory jou eie hier-en-nou-oplossing vir hoëprestasie-instandhoudings- en besigheidsoplossing word in vandag se mark,” sê Breedt.