Landbouproduksie kan nooit stilstaan nie. Daarom ondersteun John Deere sy kliënte op verskeie maniere te midde van die Covid-19-pandemie.

“John Deere sub-Sahara-Afrika (SSA) en ons handelaars is te midde van die grendelstaat steeds in werking. Ons handelaars verkoop steeds toerusting en onderdele. John Deere Financial is ook ten volle in bedryf en danksy moderne kommunikasietegnologie is dit maklik om sake te doen. Naverkope-ondersteuning, onderhoud en herstelwerk is aan ons kliënte beskikbaar sodat landbouproduksie onverpoos kan voortgaan,” sê mnr. Stephan Nel, bemarkingsbestuurder van John Deere SSA.

“Ons moedig ons personeel, handelaars en kliënte aan om veiligheid voorop te stel deur higiëne en die nodige afstandhouding tydens persoonlike kontak te handhaaf.”

Nuwe trekkerreeks

Is jy op soek na ’n eenvoudige, betroubare, middelgroot, beweeglike en kostedoeltreffende trekker? Oorweeg dan die nuwe reeks John Deere 6B-trekkers wat onlangs bekend gestel is. Dié reeks is wyd in Afrika getoets. Die 6B-reeks sal van Julie af in Suid-Afrika beskikbaar wees.

Klop by jou naaste John Deere-handelaar aan vir nog inligting en ’n demonstrasie van dié opwindende nuwe toevoeging.

6B-Modelle kry A+

Die John Deere 6B-reeks is beskikbaar in ’n kajuit- en platformkonfigurasie. Onder die kap is verskillende enjinopsies beskikbaar, naamlik 71 kW, 81 kW, 88 kW en 99 kW.

Dit word aangedryf deur die beproefde, turbo-aangejaagde John Deere PowerTech ™-dieselenjins van 4,5 liter. Die 6095B-model word aangedryf deur ’n dieselenjin met ’n meganiese draaimotor met brandstofinspuiting. Die groter 6110B-, 6120Ben 6135B-modelle het ’n enjin met elektroniese drukbuis- brandstofinspuiting en ’n lug-tot-lug-koelerstelsel vir optimale werkverrigting.

Al die modelle is beskikbaar met meganiese voorwielaandrywing (MFWD) en gee die bestuurder al die krag en traksie wat nodig is om die taaiste take af te handel. Verskillende pakketopsies – almal kostedoeltreffend, prakties en gerieflik – is beskikbaar.

Stoettrekker

Die 6B-reeks se spesifikasies en beskrywing lees soos dié van ’n stoetkudde: Gehard, aangepas en produktief. Al die 6B-trekkers is aanpasbaar en produktief. Dit kan verskeie werktuie hanteer, waaronder toerusting vir grondbewerking, hooimaak, saai en plant. Dit kan ook saam met spesialiteitstoerusting gebruik word.

Die reeks skakel goed in by John Deere 563-laaiers vir gebruik in algemene laaiwerk. Die 563-laaigraaf-en-arm word wyd gebruik op vleisbees- en melkplase waar misbestuur en algemene skraap- en laaiwerk gedoen moet word. Hierdie trekkers is ook ideaal vir sleepwerk, soos om graanwaens en voerbale en gewasse, soos suikerriet, te verskuif. Ondanks sy blink voorkoms is die 6B ’n geharde reeks trekkers.

Die 6B se oop operateursplatform is beskikbaar in standaard- en luukse pakketopsies. Die standaardpakkette het ’n droë koppelaar, en ’n gesinchroniseerde transmissie en ’n ratkas met 12 ratkeuses vorentoe en 4 agtertoe. Die trekkers het ’n maksimum snelheid van 30 km/h met MFWD en ’n kragaftakker-hefboomstelsel.

Die standaardmodelle het almal ’n vaste stuurkolom, verstelbare sitplek, ’n twee-rolstaaf- beveiligingstelsel (ROPS) en ’n afdak met twee werkligte. Die standaardpakket bied hidrouliese vloei van 50 liter per minuut, wat deur twee eksterne, meganiese hidrouliese kleppe gelewer word.

Dit word beheer en bestuur deur die hefbome op die agterste regterafskerm. Die driepunt van die 6095B kan 2 500 kg oplig, terwyl die 6110B, 6120B en 6135B 3 300 kg kan oplig.

Luukse voordele

As jy meer luuksheid soek, is John Deere se Deluxe-pakket ’n goeie opsie. Dié opsie bied ’n nat koppelaar met ratkas met 24 ratkeuses vorentoe en 12 terug. Dit kan die 6095B teen tot 30 km/h laat werk en die 6110B-, 6120B- en 6135B teen tot 40 km/h. Die MFWD is meganies aangeskakel, terwyl die krafaftakker beheer word deur middel van ’n skakelaar aan die regterkant van die konsole.

Die luukse operateurspaneel bied die gemak van ’n verstelbare stuurkolom met ’n gemaklike sitplek met armleunings om die las van lang werkure agter die stuur op die operateur te verminder. Die trekkers is ook toegerus met twee werkligte voor en twee agter om saans of in skure sonder beligting te werk.

Die luukse modelle bevat ’n twee-rolstaaf-beveiligingstelsel (ROPS) met ’n afdak en is ook toegerus met voorwielmodderskerms. Die hidrouliese stelsel op die Deluxe-pakket lewer 60 liter per minuut deur drie kleurgekodeerde hidrouliese beheerkleppe vir mense wat eksterne werktuie opkoppel.

Die driepunthaak het ’n opligvermoë van 2 500 kg vir die 6095B en 3 300 kg vir die 6110B, 6120B en die 6135B, wat geskik is vir groot werktuie.

Gemaklike kajuit

Vir kliënte wat nóg meer gemak benodig, word die 6B ook aangebied met ’n toe kajuit. Die Cab-model is toegerus met lugversorging. Die HVAC-lugversorging kan die lug verkoel of verhit, wat voordelig is vir omgewings met ’n uiters wisselende klimaat tussen seisoene en dag- en nagtemperature.

Die Cab-model is ook beskikbaar in twee pakketopsies, naamlik Premium (standaard) en Deluxe. Die standaardkajuit-pakket vir die Premium Cab word almal deur ’n gesinchroniseerde transmissie aangedryf. Dit het ’n nat koppelaar en ’n ratkas met 24 ratkeuses vorentoe en 8 tru.

Die 6095B het ’n maksimum snelheid van 30 km/h. Die 6110B, 6120B en die 6135B het ’n maksimum snelheid van 40 km/h, MFWD en ’n elektro-hidrouliese kragaftakkerstelsel. Al die Premium Cab-modelle het ’n vaste stuurkolom en verstelbare sitplek.

Die 6095B Premium-model bied hidrouliese vloei van 50 liter per minuut deur twee eksterne, meganiese hidrouliese kleppe. Die 6110B, 6120B en 6135B bied hidrouliese vloei van 60 liter/min. deur drie eksterne beheerkleppe.

Die driepuntstelsel word met eenvoudige beheerhefbome op die agterste skutbalk gemonteer. Die 6095B het ’n opligvermoë van 2 500 kg, teenoor 3 300 kg van die 6110B, 6120B en 6135B. Die Deluxe Cab-pakket het ’n nat koppelaar en ’n ratkas met 24 ratkeuses vorentoe en 12 tru.

Die 6095B kan teen ’n snelheid van tot 30 km/h kan werk en die 6110B-, 6120B- en 6135B teen 40 km/h. Die MFWD is meganies aangeskakel, terwyl die kragaftakker beheer word met ’n skakelaar aan die regterkant van die konsole.

Vir operateursgemak bied die Deluxe Cab ’n verstelbare stuurkolom en ’n luukse sitplek met armleunings. Werk dag en nag met goeie visie danksy die twee werkligte voor en twee agter. Die Deluxe-model is toegerus met voorwielmodderskerms.

Die hidrouliese stelsel in die luukse kajuitpakket bied drie hidrouliese beheerkleppe met ’n hidrouliese pomp wat 60 liter per minuut olievloei lewer vir diegene wat eksterne werktuie wil aanhaak.

Die driepunthaak van die 6095B-trekker het ’n opligvermoë van 2 500 kg, teenoor 3 300 kg van die 6110B, 6120B en 6135B.

Navrae: 011 437 2600; web: www.deere.com/sub-saharan/en/