Aanbieder Theo Vorster gesels in vandeesweek se episode van Tech Terrain met mnre. Dawie Maree , hoof van bemarking en inligting by FNB Landbou, Nico Groenewald , hoof van Standard Bank Landbou, en Tony Esmeraldo, besigheidsdirekteur van Corteva in Afrika suid van die Sahara.

John Deere se verteenwoordigers kom gesels oor die belangrikheid van topgehalte onderdele en die voordeel wat verskaffers met ’n sterk plaaslike teenwoordigheid ten opsigte van ondersteuning inhou.  

Onthou om Donderdag om 16:00 aan te teken by www.techterrain.co.za om die nuutste episode in die reeks te sien. Al die vorige episodes van Tech Terrain is ook beskikbaar om enige tyd te kyk. Daar is ook heelwat bonusmateriaal.

Tech Terrain word aangebied deur John Deere, met die samewerking van Landbouweekblad en Brand Republic.