Volgens die BBP-syfers vir die tweede kwartaal het bykans alle bedrywe drasties teruggesak, terwyl landbou die enigste bedryf is wat beter daarvan afgekom het. Die landboubedryf het van April tot Junie 2020 met 15,1% gegroei.

Om sake in perspektief te plaas, gesels Theo Vorster op Tech Terrain met dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer vir die Optimum-beleggingsgroep oor die plaaslike ekonomie en die geleenthede wat ontgin kan word in die landboubedryf. 

Daarna kom dr. John Purchase, uitvoerende hoof van Agbiz, aan die beurt en bespreek die algemene stand van landboufinansiering, die rentekoers en ander finansiële uitdagings. 

Die span van John Deere Financial is ook in die ateljee om te gesels oor onlangse tendense in landbou-finansiering.

Onthou om Donderdag 1 Oktober om 16:00 aan te sluit by www.techterrain.co.za om die nuutste episode in dié reeks te sien. Al die vorige episodes van Tech Terrain is ook beskikbaar om enige tyd te kyk. Daar is ook heelwat bonusmateriaal beskikbaar.

Tech Terrain word aangebied deur John Deere, in samewerking met Landbouweekblad en Brand Republic.