Die landbou is ’n komplekse omgewing en die besluitnemingsproses duur dikwels lank. Soms is dit moontlik om deeglik vooruit te beplan, maar ander keer moet besluite vinnig en onder druk geneem word. Die belangrikheid van onafhanklike raad en spesialisinligting raak toenemend belangrik, en dít is die fokus van vandeesweek se gesprek. 

Mnre. Lafras Cronjé, bestuurder van kliënt- en produkondersteuning by John Deere Sub Sahara Afrika, en Ferdie Pieterse, besturende direkteur van Senwes Equipment, kuier in die ateljee. Hulle verduidelik wat hulle verstaan onder die frase “ ’n leeftyd se kenmerkende diens en ondersteuning”.

Teken Donderdag om 16:00 aan by techterrain.co.za om die nuutste episode in die reeks te kyk. Al die vorige episodes van Tech Terrain kan op enige tyd op die webwerf gekyk word. Daar is ook heelwat bonusmateriaal te sien.

Tech Terrain word aangebied deur John Deere, met die samewerking van Landbouweekblad en Brand Republic.