Tech Terrain se aanbieder Theo Vorster praat in die nuutste episode met dr. Johan Malherbe, senior navorser van die Landbounavorsingsraad, en mnr. Andries Wiese, hoof van landbou by Hollard, oor die veranderinge oor tyd, en bespreek ook die impak daarvan.  

Hierdie veranderinge dwing boere om te kyk na aanpassings in risikobestuur, sowel as die bestuur van hul bates.

Plant- en strooptyd is natuurlik van kritieke belang en mnre. Lucas Groenewald, verkoopsbestuurder vir Suider-Afrika by John Deere, en Lafras Cronjé, bestuurder van kliënt- en produkondersteuning by John Deere,  kom gesels oor hul S-reeks-stropers en gevorderde tegnologie wat vir boere van groot waarde kan wees.

Onthou, jy kan die nuutste episode van Tech Terrain vanaf 16:00 op Donderdae by www. techterrain.co.za kyk. Al die vorige episodes van Tech Terrain is ook hier beskikbaar.

Tech Terrain word aangebied deur John Deere, met die samewerking van Landbouweekblad en Brand Republic.