In die derde aflewering van Tech Terrain probeer die aanbieder Theo Vorster die vraag beantwoord deur te gesels met die strateeg me. Juanita Vorster en dr. Christo Joubert, ’n navorser en landbou-ekonoom van die Nasionale Landboubemarkingsraad. 

Biotegnologie en die doeltreffende bestuur van hulpbronne, veranderende verbruikersvoorkeure en voedselsekerheid word ook ondersoek. Tegnologie is die sleutel tot ’n modern, volhoubare boerdery, maar wanneer maak dit ekonomies sin? 

Jy kan ook uitsien na ’n gesprek rondom die “slimste trekker” in die John Deere-stal – die splinternuwe 8R.

Onthou om om 16:00 aan te teken by techterrain.co.za om die nuutste episode in dié opwindende reeks te sien, óf kyk die episode in die video hier bo. Die vorige episodes van Tech Terrain is ook beskikbaar om enige tyd te kyk.

Tech Terrain word aangebied deur John Deere, met die samewerking van Landbouweekblad en Brand Republic.