Die aanbieder Theo Vorster, uitvoerende hoof van Galileo Capital, gesels met die landbou-ekonoom Wessel Lemmer oor van die grootste kwessies in die hedendaagse landbou, skaalekonomie en die insetkoste-knyptang. Hulle kyk ook na van die struikelblokke wat produsente kan verwag op die pad na meganisering. 

Dr. Dirk Strydom, bestuurder van graanekonomie en -bemarking by Graan SA, en Antois van der Westhuizen, besturende direkteur van John Deere Financial in Afrika, gesels oor produksieplafonne, die opbrengsgaping en finansierings- en verhuringsopsies as dit kom by groot, nuwe werktuie. 

Kykers kan ook uitsien daarna om meer oor die splinternuwe John Deere 6B-trekker te hoor. Mnr. Cobus du Toit van John Deere Sub Sahara Afrika is in die ateljee om oor die 6B te gesels. 

Om die tweede episode van Tech Terrain te kyk, kan jy gratis registreer op www.techterrain.co.za en so ook toegang kry tot al episodes en bonusmateriaal.  

Tech Terrain word aangebied deur John Deere, met die samewerking van Landbouweekblad en Brand Republic.