Dié vrugte word in goed bestuurde boorde geproduseer, waar infrastruktuur-ontwikkeling, wetenskap en die aanwending van tegnologie net so belangrik is as die bestuur van bemesting, besproeiing, snoei- en spuitprogramme. 

Kommersiële boordbestuur is die fondasie van optimale oeste van die beste gehalte vrugte, wat nou selfs nog belangriker is om jou mark te kan bedien.

In hierdie week se episode van Tech Terrain word gekyk na waarop jy moet konsentreer om optimaal te boer en suksesvol te wees.

Die aanbieder Theo Vorster gesels met Erik de Vries van Agri Technovation oor die gebruik van tegnologie in die boord, en dan sluit mnr. Pieter Engelbrecht van die Piet Engelbrecht Trust, ook bekend as Piet Citrus, ook by Vorster in die ateljee aan. 

Nelius Oosthuizen, areaverkoopsbestuurder van John Deere Suid van die Sahara (JD SSA), en Rukus van Wyk, produkbemarkingsbestuurder van JD SSA, is ook op hul pos, en kyk na die toepassing van tegnologie en meganisasie vir hoë-waarde-uitvoerkommoditeite. 

Onthou om Donderdag om 16:00 aan te sluit by www.techterrain.co.za om die nuutste episode in dié opwindende reeks te sien. Al die vorige episodes van Tech Terrain is beskikbaar om enige tyd te kyk. Daar is ook heelwat bonusmateriaal beskikbaar. 

Tech Terrain word aangebied deur John Deere, met die samewerking van Landbouweekblad en Brand Republic.