In die jongste episode van Tech Terrain word gesels oor die nuwe Data Intensive Farm Management-studie. Dié studie is baanbrekerswerk wat boere van elke skaal kan bevoordeel. Aanbieder Theo Vorster se gaste is dr. Dirk Strydom, bestuurder van graanekonomie en -bemarking by Graan SA, en prof. Ferdi Meyer, direkteur van die buro vir voedsel- en landboubeleid (Bfap).

Mnr. WA de Klerk verduidelik hoe sy boerdery oor die jare ontwikkel het, die soort besluite wat geneem moes word om die besigheid te laat groei, en watter aanpassings nodig is om vooruit te boer.

Mnre. Rukus van Wyk, produkbemarkingsbestuurder by John Deere in Afrika suid van die Sahara (JD SSA), André Olwagen, areabestuurder by JD SSA; en me. Janalize van Buuren, verkoopsbestuurder vir Oos- en Sentraal-Afrika by JD SSA, gesels oor produktegnologie. Die 5E-trekker-en-plantertegnologie is ook onder die loep.

Onthou om Donderdag 30 Julie om 16:00 www.techterrain.co.za te besoek om die jongste episode in dié opwindende reeks te sien. Al die vorige episodes van Tech Terrain is ook enige tyd beskikbaar om te kyk. Daar is boonop heelwat bonusmateriaal op www.techterrain.co.za – gaan kyk dus gerus.

Tech Terrain word aangebied deur John Deere met die samewerking van Landbouweekblad en Brand Republic.