In 'n ontstellende blik op die realiteit wat talle boere in die dorre Karoo in die oë staar, kan gesien word hoe mnr. Adriaan van Wyk, 'n veeboer, verby dier na dier loop wat dood in die veld lê, alles te wyte aan die ergste droogte wat baie boere nog ooit in dié dele van die land beleef het.

Boere in distrikte soos Calvinia, Brandvlei, Sutherland en Williston is veral desperaat vir enige droogtehulp wat na hulle kant toe kom.

'n Noodfonds is gestig om boere met droogtehulp te help. Bydraes kan hier gemaak word:

Calvinia Farms, Absa, rekeningnommer: 9329287508, takkode 632005.

Bron: Laevelder