Toe mnr. Chris Vermeulen van PlusNet vanjaar by Smith Power Equipment (SPE) se Nampo-stalletjie aan die Kubota U50-minimasjiengrawe bekend gestel is, het hy sommer gou ’n besluit geneem.

“Ek was dadelik beïndruk deur hul krag-tot-grootte-verhouding, hul beweegbaarheid in klein spasies en hul reeks kenmerke wat doeltreffendheid bevorder. Ek het drie eenhede met bybehore gekoop, insluitende awegaars, brekers en standaardbakke.”

Kubota U50-kenmerk
Een kenmerk van die Kubota U-50 wat help om die beste uit hierdie bybehore te haal, is die derdelyn-hidrouliese terugkeeraksie. As die operateur met eenrigting-hidrouliese bybehore werk, laat dit olie regstreeks in die tenk terugvloei sonder dat dit deur die beheerkleppe loop.

Dit beteken die olie raak nie so vuil nie en het verminderde teendruk en groter olievloei-doeltreffendheid tot gevolg. Lees hier meer oor die Kobuta U50. Navrae: Webwerf: http://kubotasa.co.za/excavators/; sel 072 889 9715; e-pos: charl@smithpower.co.za.