Die skema se watervoorraad lyk meer gunstig as ander gebiede in die Wes-Kaap se voorraad. Mnr. Johan Groenewald, uitvoerende hoof van die Groenland-waterskema, sê hulle kon nie anders as om hul water met watergebruikers "aan die ander kant van die berg" (Stad Kaapstad) te deel nie. 

Die waterskema het op 6 Februarie die Eikenhofdam se sluise oop gemaak, en die sluise sal vir sowat 20 dae oop wees om dieskenking van tussen 7,5 miljoen m³ tot 10 miljoen m³ miljoen water los te laat.

Landbouweekblad se Lisa Lottering het met Groenewald gesels oor die waterskenking asook die impak van die droogte op dié dorpe en landbougemeenskappe se water.