Minimum temperature van -10°C en laer word oor die sentrale en suidelike binneland voorspel, met sneeu wat oor die bergreekse van die Wes- en Suid-Kaap, asook die suidelike Drakensberge kan voorkom. Nat en bewolkte toestande sal van Woensdag af begin opklaar, maar minimum temperature sal die hele week laag bly, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. Swaar ryp is ook moontlik oor die somerreënstreek. Julie is tradisioneel die koudste maand van die jaar in Suid-Afrika. Die huidige nat en koue toestande is dus normaal vir die maand.

Van den Berg sê ná die neerslae aan die begin van dié week oor dele van die winterreënstreek, gaan min frontale aktiwiteit tot ten minste die laaste week van Julie en die eerste deel van Augustus oor die streek voorkom. “Hierdie voorspelling is goeie nuus vir die wintergraan, want daar behoort ná die reën van die week voldoende grondwater te wees vir die volgende twee weke. Die reën wat in Augustus voorspel word, kan weer baie help vir die belangrike graanontwikkelingsperiode teen einde Augustus, maar veral September.”

koue, klimaat, winter
In die distrik Petrus Steyn in die Oos-Vrystaat het die kwik op 14 Julie na -15°C gedaal. Me Malinda Rautenbach het hierdie foto op die plaas Skuinspaadjies in die distrik geneem

Volgens voorspellings gaan lae minimum en maksimum temperature vir die res van Julie en veral die begin van Augustus oor wintergraangebiede voorkom. Van den Berg sê dit is ook gunstig vir wintergraanproduksie.

Sneeu lê op Waboomsberg by die Elandsrivier-boerdery by Prins Albert Hamlet Dinsdagoggend, 13 Julie 2021. Foto: Arina du Plessis
Ligte sneeu lê Dinsdagoggend in die distrik Smithfield. Foto: Jacobus Stroebel
sneeu
Sneeu by Laastedrif-boerdery naby Ceres. Foto: Hugo Schreder
sneeu
Sneeu by Laastedrif-boerdery naby Ceres. Foto: Hugo Schreder
sneeu
Sneeu by Laastedrif-boerdery naby Ceres. Foto: Hugo Schreder
sneeu
Sneeu by Laastedrif-boerdery naby Ceres. Foto: Hugo Schreder
sneeu
Sneeu by Laastedrif-boerdery naby Ceres. Foto: Hugo Schreder
sneeu
Die foto is geneem op die Doornberg-gasteplaas buite Nieu-Bethesda. Foto: Niki van Heerden/Doornberg-gasteplaas
sneeu
Die foto is geneem op die Doornberg-gasteplaas buite Nieu-Bethesda. Foto: Niki van Heerden/Doornberg-gasteplaas
sneeu
Die foto is geneem op die Doornberg-gasteplaas buite Nieu-Bethesda. Foto: Niki van Heerden/Doornberg-gasteplaas
sneeu
Die foto is geneem op die Doornberg-gasteplaas buite Nieu-Bethesda. Foto: Niki van Heerden/Doornberg-gasteplaas

Kommer vir vee-, graan- en vrugteboere

Van den Berg sê volgens voorspellings is daar ’n groot kans dat baie koue toestande met reën en sneeu teen einde Julie en die eerste deel van Augustus kan voorkom. Sneeu sal oor die Wes-Kaap se bergreekse sowel as die suidelike Drakensberge moontlik wees. Veeboere met kaalgeskeerde kleinvee moet veral in die volgende week, asook einde Julie en begin Augustus baie versigtig wees en betyds voorbereidings tref om toe te sien dat hulle diere voldoende beskut is.

Die groot bekommernis vir graan- en vrugteboere is dat koue toestande in die lente en vroegsomer kan voorkom wanneer gewasse soos koring, asook vrugtebome, druiwe en ander boomgewasse baie gevoelig is vir koue toestande.

“Tans is daar ’n redelike groot gevaar vir rypskade en lae temperature in Augustus en September. Die risiko vir rypskade is juis hoog wanneer temperature begin styg, wat groei en ontwikkeling stimuleer. Skielike koue kan dan baie groot skade veroorsaak,” sê Van den Berg. “Die afgelope ten minste vyf seisoene was daar abnormaal baie en groot rypskade as gevolg van hierdie voorkoms van koue in die lente en vroegsomer.”

’n Swak La Niña-fase

Op langer termyn dui voorspellings op die ontwikkeling van ’n swak La Niña-fase in September. Die oppervlaktemperature van die westelike Indiese Oseaan is abnormaal koel vir hierdie tyd van die jaar, wat gunstig is vir reën in die somer. Dit kan selfs gunstig wees dat somerreënval vanjaar dalk ’n bietjie vroeër as normaal kan voorkom.

“Baie goeie neerslae het sedert middel Junie in die oostelike en suidoostelike dele van Australië begin voorkom wat ’n baie goeie aanduider van goeie reënvaltoestande oor veral die oostelike dele van Suid-Afrika se somerreëngebied kan wees,” sê Van den Berg.