Gewoonlik is hulle aan die klein kant, maar in die distrik Maltahöhe waar hierdie bielie raakgeloop is, het hulle byna tot barstens uitgeswel nadat goeie reën in die streek uitgesak.

Dié tsamma het bykans 3,5 kg geweeg.

Gemsbokke slaan die tsammas met hul horings stukkend en vreet dan die sappige inhoud, terwyl selfs skape gate in die skil byt om by die kos uit te kom, vertel mnr. Johnny Hanekom, op wie se plaas die foto geneem is.

In die ou dae was tsammas ’n goeie bron van water en kos vir die inheemse mense van die Kalahari.