Voertuigveiligheid is ’n voorrangsaak vir die meeste voertuigverrvaardigers en die Chinese maatskappy GWM (Great Wall Motors) is geen uitsondering nie. En juistemin daarom het dié maatskappy besluit om sy top-verkoperbakkie ook met verbeterde veiligheidskenmerke toe te rus.

Die Steed 5 2.2 MPI 4X2, wat reeds in 2007 plaaslik beskikbaar is, se Safety Version-weergawes bied nou bykomend twee lugsakke, ’n sluitweer-remstelsel (ABS) èn elektroniese remkragverspreiding (EBD).

Die GWM Steed 5 2.2 MPI 4X2 Safety Version enkel- en dubbelkajuitbakkies het kragstuur, lugversorging, allooiwielvellings, misligte, verstelbare veiligheidsgordels, ’n radio met USB-steun, ’n immobiliseerder en ’n sentrale sluitstelsel. Die dubbelkajuit Safety Version het elektries-beheerde vensters en leersitplekke.

Die enkelkajuit en die dubbelkajuit kos onderskeidelik R177 900 en R204 900, waarby twee-jaar padbystand en ’n vyf-jaar/100 000 km-waarborg ingesluit is.