Danksy die band se stewige staalgordel-ontwerp kan die Earthmax SR 412 swaar vragte vervoer sonder om beskadig te word of lastige lekplekke op te doen.

Die loopvlak se unieke ontwerp maak buitengewoon goeie trekkrag moontlik sonder om te warm te word. Die bonkige skouerontwerp verseker stabiliteit en beheer oor die voertuig.

Earthmax SR 412 is beskikbaar in die groottes 29.5 R 25 en 750/65 R 25.

Sedert die bekendstelling van die Earthmax-handelsmerk in 2008 het dit gegroei tot 20 produkreekse wat uit verskeie modelle en groottes bestaan. Danksy die reeks se staalgordelontwerp is dit uiters geskik vir ruwe persele, van in myne tot die bou van groot plaasdamme of paaie.

PRYS: Op aanvraag.

NAVRAE: BKT Tires, web: www.bkt-tires.com