Die D-Max Arctic AT 35 is gegrond op Isuzu se 300-reeks 4x4-dubbel- kajuit LX Auto. Elke verandering is ontwerp om die bakkie se taaiheid en funksionaliteit te verbeter.

Die wielvellings dra by om ’n bykomende 180 mm aan die totale wydte van die voertuig te verleen, terwyl die grondvryhoogte 48 mm hoër is as met ’n standaard-D-Max-bakkie.

Die Isuzu D-Max-reeks word ook aangebied met die volledige Isuzu Complete Care-pakket, wat bestaan uit ’n buffer-tot-buffer-waarborg van vyf jaar of 120 000 km en Isuzu Padbystand, ’n teenroeswaarborg van 5 jaar (onbeperkte kilometers) en ’n diensplan van vyf jaar of 90 000 km.

Diensintervalle is elke 15 000 km of 12 maande. Uitgebreide dekking op padbystand, diensplanne en onderhoudsplanne is beskikbaar

PRYS: R785 000.

NAVRAE: Me. Nandi Matomela, 011 806 4815.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.